Plastiekbrille, kopbande en u2019n u2018mixed tapeu2019
Plastiekbrille, kopbande en u2019n u2018mixed tapeu2019

Plastiekbrille, kopbande en ’n ‘mixed tape’

Henriette Lamprecht
’n Uitstappie na ’n gewilde kettingwinkel oor ’n naweek om die week se kos vir die kaste te kry, verloop gewoonlik só: Die betrokke partye deel van die scenario is mamma (amper 50), pappa (amper 50) en dogter (tiener). Eers die blikkies en die pakkies en tiener moet help met pryse en etikette. En seker maak van sop tot spesery spog nie met woorde soos hot, spicy en chilli nie. ’n Gesin kan ook net soveel in ’n week brand.

Ma het een van haar plastiekbrille wat sy in verskillende kleure en vorms orals in die huis en motor vir fynskrif los, by die huis vergeet. Pa skree aan die teenoorgestelde kant van die kettingwinkel uit die rigting van die ys- en vrieskaste tiener moet kom help, hy kan nie sien of dit bok, bees of sosaties is nie.

Ná ’n uur is pa en ma voos tougetrek oor die enigste party in die geselskap wat sonder die hulp van ’n bril kan uitmaak wat is die prys en die geur van dit wat uiteindelik in die kosmandjie beland. Tiener is natgesweet en dikmond dat sy met ’n “ou” ma en pa opgeskeep sit. Seriously.

Die kans is goed tiener stem saam met Retiresavvy, wat met die ondersteuning van 2 000 Britte besluit het dís wat jy moet en nie moet dra as jou beste jare reeds in jou truspieëltjie sit nie. Retiresavvy wil jou eintlik help om jou aftrede te beplan en as dít beteken daar is ’n paar nommertjies in jou kas wat moet vlooimark toe, dan is dit hoe die pad 60 toe moet verloop.

Eerste uit met skinny jeans wat onaanvaarbaar ná die rype ouderdom van 47 jaar is.

En ’n klomp vrouens wat vir ’n langnaweek op Hentiesbaai of by Sun City wil gaan uitspan, sies.

En vergeet nou maar van al jou One Direction CD’s en –parfuum en moves op “Best Song Ever”, boy bands se leeftyd op jou rak verval op 36. Tot net so skuins voor 40 kan jy volgens die 2 000 Britte ’n laaste tatoe of body piercing op jou gunstelingplekkie kry, maar hou asseblief in gedagte dinge is geneig om afwaarts suid te beweeg/hang.

Dis belangrik om ook te sê die 2 000 Britte wat aan die “hoogs wetenskaplike” opname deelgeneem het, is vroue (jip) tussen die ouderdomme van 18 en 65 jaar. Die ander onbenulligheidjies wat die meisietjies kwytraak, is dat ’n eenstukswembroek jou beste vriendin ná 47 is. Koebaai boob tube op 35, hoë hakke op 51, mini’s (35), kniehoogte stewels (47), stywe toppie (44), lang hare (53) en bokstert (51).

Om nie te praat van glitter make-up, lyfkouse met ’n prominente, bedoelde skeur, kopbande wat jou soos ’n verlore Alice laat lyk, ’n knip wat jou hare in jou nek vasknyp en geraamde plakkate van wel, One Direction nie. Jy is ook nie meer 20 (of 30) nie, plastiek is uit, glas is in vir jou wyn- en sopieglase.

Ek erken een glas wyn dryf my eerder tot slaap as nog ’n sopie, om op ’n Vrydagaand Jean Claude van Damme- en Die Hard reruns te kyk, is niemand se besigheid behalwe myne nie en die grootte van my letters en woorde op my skerm is ’n gesonde Calibri (Body) 18-formaat.

My mix tape met Rick Springfield, Yazoo, Joan Armatrading, Adam Ant en Billy Idol is nou ’n CD en ’n immerteenwoordige trant in gesprekke met vriende is my “wat is nou weer daardie meisie se naam wie se kind in ’n skool naby ’n mall is wat ’n special op kussings gehad het?”

Verskoon my dus, 2 000 Britse bewerasies, terwyl ek met my skinny jeans en One Direction T-hemp (én ’n bokstert!) my “ou” lyf ruk en wriemel op “Sweet Child of Mine”.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%