Plastiek op eie bodem vervaardig
Volgens die uitvoerende hoof sal Namibia Plastics in die toekoms sowat 1 000 ton plastiek self maak.
Slegs ses maande ná die amptelike sooispitseremonie van Namibia Plastics vorder dié maatskappy in sy doel om al minder plastiekprodukte in te voer.
Die maatskappy se stigter en uitvoerende hoof, mnr. Johan Struwig, het onlangs verpakkingsmateriaal aan Namibia Breweries Limited (NBL) oorhandig om vir hul Windhoek Lager-bier te gebruik.
Verpakking vir dié handelsmerk is jare lank ingevoer, maar word nou plaaslik vervaardig.
Dít is moontlik gemaak deur die nuwe Comexi F2-verpakkingsdrukker wat Namibia Plastics aangeskaf het.
Volgens Struwig is dié drukker die eerste in sy soort in Namibië.
“Ons Comexi F2-flexographic CI Press kan tot agt kleure en 400 m per minuut druk. Dit beteken byna onbeperkte moontlikhede vir ons kliënte, wat meestal fabrieke is, wat die verpakking van hul produkte moet merk voor hulle na die mark gestuur word - 'n voordeel van onskatbare waarde,” het Struwig gesê.
NBL was met die stigting van die maatskappy in 2011 hul eerste kliënt.
“Die ondersteuning wat ons van NBL gekry het, het baie deure oopgemaak. Soveel dat ons vroeër vanjaar met die oprigting van ons N$95 miljoen-fabriek kon begin. Die fabriek sal die gaping oorbrug van ongeveer 50% plastiek wat tans uit die buiteland ingevoer word,” het Struwig gesê.
Volgens mnr. Wessie van der Westhuizen, NBL se besturende direkteur, sal sy maatskappy plaaslike besighede altyd eerste ondersteun.
Volgens Struwig sal Namibia Plastics in die toekoms ongeveer 1 000 ton plastiek self vervaardig sodat dit nie ingevoer hoef te word nie.
Dit beteken ook meer werksgeleenthede vir Namibiërs.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie