Plan van aksie vir miltsiekte-uitbreking

13 October 2017 | Gesondheid
Francoise Steynberg - Met die uitbreking van miltsiekte in die Bwabwata Nasionale Park in die Noordooste het 'n hoëvlak afvaardiging die planne van aksie bespreek om te voorkom dat die hoogs aansteeklike siekte na mense en mak diere oorgedra word.
Die hoëvlak gesamentlike afvaardiging bestaan uit amptenare van die ministeries van die omgewing en toerisme; landbou, water en bosbou se direktoraat van veeartsenydienste; gesondheid en maatskaplike diense; en visserye en mariene hulpbronne, asook die streeksraad van Kavango-Oos, verteenwoordig deur die Mukwe-kiesafdeling.
Die uitbreking van miltsiekte is Woensdag deur owerhede bevestig nadat meer as 100 seekoei- en 20 buffelkarkasse in die vloedvlakte van die Kavangorivier in die Bwabwata Nasionale Park gevind is.
Volgens 'n gesamentlike verklaring van die ministeries behels die aksieplan om die uitbreking van miltsiekte in toom te hou, die volgende: 'n Skoonmaakoperasie sal onmiddellik uitgevoer word deur al die karkasse te verwyder. Tydens die operasie sal sekere dele van die die westelike kant van Bwabwata vir toeriste en die publiek gesluit word.
Die direktoraat van veeartsenydienste sal 'n inentingsveldtog teen miltsiekte vir beeste naby die park van stapel stuur. Veebewegings word in die Mukwe-kiesafdeling beperk.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sal voorkomingsmedikasie aan mense gee wat aan die seekoeikarkasse blootgestel was en wat die risiko dra om deur die siekte besmet te wees.
Die publiek word gewaarsku om enige kontak te vermy met enige dier wat weens 'n onbekende oorsaak gevrek het.
Intussen het Botswana se ministerie van die omgewing, natuurlike hulpbonbewaring en toerisme, ook bevestig dat seekoeikarkasse in die Kavangorivier na Botswana gedryf het en waaskuwings aan burgers gerig om nie aan enige karkasse te raak of die vleis te eet nie.

Soortgelyk

 

Hage sê oor 2017

11 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend (Woensdag) tydens sy jaareind-nuuskonferensie 'n wye oorsig oor die prestasies en uitdagings van die afgelope jaar gegee. Hy het ook...

Geliefde Stienie Mudge sterf

13 ure gelede | Mense

Die 87-jarige me. Stienie Mudge, vrou van die veteraan-politikus mnr. Dirk Mudge, is Dinsdagnag in Windhoek oorlede.Sy laat haar man, hul vyf kinders, sestien kleinkinders...

Geen oorbruggingsdekking vir Psemas-lede

23 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Lede van die staat se mediese fonds (Psemas) kwalifiseer volgens die gedeelte oor voorlopige standaarde in die Wet op Finansiële Instellings en Markte...

Sardynvangste gestaak

23 ure gelede | Visserye

Augetto Graig Vanaf 1 Januarie 2018 tot 31 Desember 2020 sal geen grootskaalse vangste van sardyne in Namibiese waters toegelaat word nie. Die kabinet het...

Jan Möhr en HTS se rapporte by skoolhoofde

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht Die kantoor van die ombudsman het verskeie klagtes van ouers van leerlinge verbonde aan die Sekondêre Skool Jan Möhr en die Hoër Tegniese...

Kinders sterf tragies in ou kar

23 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg Die lewelose liggame van 'n niggie en nefie van Grootfontein is Sondagnamiddag in 'n ou voertuig op hul erf gevind.Volgens die woordvoerder van...

Weer vir 13

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie in die...

N$650 000 for garden project

23 ure gelede | Landbou

NAMPAFarmers and community members from Hukus in the Aminuis area of the Omaheke Region on Thursday received a donation of N$650 000 for the development...

Kleremaker help ander

23 ure gelede | Mense

Tanja Bause – “Soms kom ’n ouma met haar kleinkind se geskeurde skoolklere na my toe en vra dat ek dit herstel. “Ek kan sien...