Plan om te floreer

President maak opvolg welvaartplan bekend

19 March 2021 | Regering
Augetto Graig – President Hage Geingob se Harambee Welvaartsplan Twee (HPP2) wat gister amptelik voorgestel is, behels onder meer die konsolidasie van die voedselbank en omskep die toelae vir gemarginaliseerde Namibiërs tot ’n basiese inkomstetoelaag vir goedgekeurde begunstigdes.

Verder word die diens van 24 000 erwe en die bou van meer as 20 000 huise vir die vierjaarperiode tot 2024 beplan.

Nog verandering sluit in die hersiening van die nasionale behuisingsbeleid en die opgradering van vyf informele nedersettings; herstrukturering van die openbare gesondheidsektor en die ondersoek van ’n nasionale gesondheidsversekering; opgradering van opvoedkundige infrastruktuur; vestiging van ’n regulerende owerheid vir onderwysers; voltooiing van die volhoubaarheidstudie vir die NSFAF-studentehulpfonds, asook beter opleiding vir polisie en beamptes wat geslagsgeweld handel. ’n Register van seksuele oortreders sal ook opgestel word.

VEERKRAGTIGHEID
Geingob sê die nuwe plan dui op die nasie se veerkragtigheid en geloof in die Namibiese reis tot vrede, demokrasie, welvaart en die strewe na herstel van die impak van Covid-19.

Volgens die president het die 74% toepassing van die oorspronklike HPP belangrike lesse na vore gebring, insluitend die nodigheid vir verbeterde fokus en koördinasie, dieper samewerking en vennootskappe, en ’n gedeelde sin van dringendheid om gewenste resultate te lewer.

Geingob sê sy plan behels nuwe geleenthede en ’n fokus op die beter verantwoording vir die land se natuurlike hulpbronne.

Die nuwe geleenthede sluit in die skepping van ’n soewereine welvaartsfonds, hersiening van wetgewing om die redding van besighede makliker te maak, die notering en verkoop van MTC-aandele om sowat N$3 miljard in te samel, werkskeppingsprojekte en die benutting van Namibië se potensiaal om groen waterstof en groen ammoniak te vervaardig.

HPP2 bevat ook die vestiging van ’n nuwe ontsoutingsaanleg en die uitbreiding van plaaslike kragopwekkingsvermoë deur 250 MW kapasiteit by te voeg. Die vraghouerfasiliteit by Walvisbaai sal ook uitgebrei word. Hierdie en ander transformatiewe projekte benodig plaaslike en internasionale belegging en die regering hoop om só projekte ter waarde van N$27 miljard los te slaan, sê Geingob.

Om uitvoering van die plan te verbeter, sal ’n prestasieleweringseenheid opgestel word, sê die staatshoof. “Ons erken die dringendheid van die behoefte aan dienslewering. Nou is die tyd om hande te hou en saam ’n ekonomie te bou wat almal insluit en waarin almal die groei kan deel,” sê hy.

Adviseurs van die president het uitgebrei oor verskeie doelwitte en aksies beplan onder die verskeie pilare van die nuwe HPP2-plan.

Me. Inge Zaamwani het gepraat oor die plan vir doeltreffende regering en sê aanspreeklikheid en deursigtigheid van die Teenkorrupsiekommissie sal saam met beter prestasie en diensleweringstelsels, groter burgerlike betrokkenheid en beter handhawing van geregtigheid en die wet toegepas word.

Die wetsontwerpe op toegang tot inligting, op die Namibiese beleggingspromosie en ontwikkelingsraad, en op die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF), moet spoedig saam met die wetsontwerp op elektroniese transaksies en kubermisdaad bekragtig word, sê sy.

Nog ’n adviseur, mnr. James Mnyupe, het die vestiging van ’n nuwe nasionale kleinsakefonds genoem, terwyl sy eweknie me. Daisry Mathias gesê het spesiale howe vir geslagsgeweld sal opgestel word. Volgens die adviseur me. Penny Akwenye sal NamWater nuwe waterpyplyne verskaf uit waterdraers in Ohangwena en naby Van Bachdam, terwyl watersuiweringsaanlegte op Oshakati en Rundu uitgebrei sal word. Dr. Alfredo Hengari sê ekonomiese diplomasie sal belegging aanspoor.

[email protected]

Soortgelyk

 

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

3 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Robberts bly in aanhouding

14 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

14 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

14 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

14 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

14 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

14 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...