Plaaswerkers beter af as eweknieë

Gesonde doelwitte, gesonde nasie

21 December 2016 | Landbou
Elvira Hattingh - Die jongste tweejaarlikse loonop­name onder 3 497 plaaswerkers deur die Landbouwerkgewersvereniging (LWV), dui aan dié werkers is heelwat beter af as hul eweknieë uit ander sektore wat op dorpe of in stede woon.

Volgens die LWV se verslag vir 2015-'16, is die totale gemiddelde vergoedingspakket vir permanente plaaswerkers N$3 320,64 per maand (N$6,90 per uur), terwyl die ooreengekome minimumloon tans N$3,70 per uur is.

Terselfdertyd weerspieël hierdie vergoeding 'n verhoging van 9% sedert 2014 toe die vorige opname gedoen is.

Gemiddeld N$1 975,12 (55%) van die totale vergoedingspakket word in die vorm van kontant, nat en droë rantsoen en plaasprodukte gegee. Die res van die pakket bestaan uit voordele wat gratis behuising, gratis vervoer vir kinders na skole of siek werkers na mediese geriewe, asook die aanhou van vee insluit.

Die bogenoemde totale pakket sluit nie werknemersvoordele soos bonusse, bydraes tot die Maatskaplike Voorsorgfonds, klere, medisyne, skool- en koshuisgeld, pensioen asook water- en kragkoste in nie.

Sowat 15,9% van permanente werknemers ontvang gratis rantsoene wat maandeliks sowat N$265,36 kos. Dit sluit meestal mieliemeel, suiker, koffie, tee en vis in. Tot 79% van die werkers ontvang vleis ter waarde van N$476,02 per maand, terwyl 51% melk met 'n maandelikse waarde van N$295 ontvang.



WERKNEMERSVOORDELE

Altesaam 94,8% van die werkgewers wat aan die opname deelgeneem het, het aangedui dat hulle jaarlikse bonusse in die vorm van óf dertiende tjeks, óf op grond van meriete óf die prestasie van hul boerderye gee.

Terselfdertyd word 'n gemiddelde jaarlikse salarisverhoging van 11% toegestaan.

Sowat 4% werkers hou grootvee aan op die plase waar hulle werk, terwyl 5,3% kleinvee en 10,7% ander vee soos donkies en muile aanhou.

Die gemiddelde plaaswerker het 1,68 afhanklikes en tot 64% se afhanklikes bly saam met hulle op plase. Dit sluit eggenote, kinders, pensioentrekkers en gestremde persone in.

Altesaam 72% van werkgewers sê hulle verskaf gratis vervoer aan skoolkinders na skole of koshuise, terwyl 96% aangedui het siek werkers word gratis na mediese instansies vervoer.

Die gemiddelde werkgewer op kommersiële plase het 7,6 plaaswerkers in diens en die gemiddelde werker behou sy werk vir sowat 6,4 jaar.

Sowat 6,16 werknemershuisies word per werkgewer beskikbaar gestel en 43% hiervan het hul eie sanitasiegeriewe. Vir die res is onder meer gedeelde sanitasiegeriewe beskikbaar. Sowat 84,7% van die huisies is met bakstene gebou, het gemiddeld 2,49 kamers en is 45,46 m2 groot. Dit sluit was- en toiletgeriewe uit.

Altesaam 55,7% werkers het toegang tot elektrisiteit by hul huise.



ANDER SYFERS

Verskeie pensioentrekkers of gestremde persone woon op plase en word deur voormalige werkgewers of die eienaar van die grond ondersteun deur middel van kontanttoelae, rantsoene en die feit dat hulle lewendehawe mag aanhou.

Hulle ontvang gewoonlik ook behuising, water en elektrisiteit.

Plaaswerkers werk gemiddeld 43,6 ure per week.

Altesaam 24% van alle beëindigings van plaaswerkers se dienste in 2015 en '16 was as gevolg van afdankings. Die hoofredes vir afdankings was alkoholmisbruik, gevolg deur diefstal asook oneerlikheid en ongemagtigde afwesigheid van die werk.

Sowat 22% van werkgewers het aangedui hulle is bewus van werknemers wat MIV-positief is en 97% van dié werkers ontvang berading en behandeling.

Alle tuberkulose-lyers ontvang ook mediese behandeling.

Altesaam 41% van werkgewers het aangedui hulle is bewus dat werkers alkohol of ander middels misbruik.

Soortgelyk

 

Theo Mujoro is nuwe hoof van verkiesings

15 ure gelede | Politiek

Mnr. Theophilus (Theo) Mujoro is vanaf 1 September vanjaar vir ‘n tydperk van vyf jaar aangestel as die nuwe hoof verkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van...

Nuwe spoedkameras getoets

16 ure gelede | Infrastruktuur

Die Namibiese polisie se verkeersbeamptes toets van gister af die werking van nuwe spoedkameras op Namibië se hoofpaaie. Veral in die Erongo- en Otjozondjupastreek word...

Onderwys: ‘Gebruik wat julle het om fondse in te...

16 ure gelede | Onderwys

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa het ’n beroep op skole gedoen om beskikbare middele te gebruik om fondse vir hul...

Otjomuru-kliniek aan regering oorhandig

17 ure gelede | Gesondheid

Die Otjomuru-kliniek naby die Otjomuru-nedersetting sowat 27 km oos van Okangwati in die Kunenestreek, is aan die regering oorhandig. Die konstruksie van die kliniek was...

Nuwe visekanselier vir Unam

17 ure gelede | Onderwys

Die Universiteit van Namibië (Unam) sal voorleggings deur die vier kandidate vir die universiteit se visekanselierspos regstreeks op YouTube, Twitter, Facebook en hul webwerf uitsaai.Die...

Windhoek se krane dalk oor twee seisoene leeg ...

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Windhoek het genoeg water om twee reënseisoene te dek, indien dit bykomende waterbronne in die Noorde, asook die Windhoek-akwifer onvolhoubaar gebruik én...

Wag die Skedelkus op Harry en sy bruid?

1 dag gelede | Toerisme

Des Erasmus - Prins Harry-koors teister die gebied tussen Hentiesbaai en die monding van die Kunenerivier op die noordgrens en die ooreenstemmende leeu- en renosterwêreld...

Weer vir 22 Junie 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die verre Noordooste en die Khomasstreek wees. Elders sal...

Fosfaat-debat begin oor

1 dag gelede | Omgewing

Augetto Graig - Die ontginning van fosfaat op Namibiese seebodem is vir eers van die baan af. Die minister van die omgewing en toerisme,...