Plaaslike vegters kan hul plek volstaan
Plaaslike vegters kan hul plek volstaan

Plaaslike vegters kan hul plek volstaan

Gevegskuns
Andrew Poolman
Die gevegskuns maak nie net wêreldwyd opgang as sport nie, maar is ook in Namibië springlewendig.

''n Namibiese span het vroeg in September by die Wêreldspele van gevegskuns in Johannesburg altesame 17 medaljes gewen.

Twee nuwe Namibiese houers van wêreldtitels is Martin Gunther en Rohan Kotze, terwyl die span se afrigter Nic Kolbe onder die Duitse vlag meegeding en ook ''n goue medalje in die meestersklas vir skopboksers ingepalm het.

In die afdeling vir selfverdediging is die span se medaljes deur Martin Gunther (twee goud), Rene Garny (een silwer), Rohan Kotze (een silwer), Elmo Erasmus (een brons) en Marchell Vermaak (een brons) huis toe gebring.

Nog ses skopboksers het die res van die ­medaljes ingeryg. Die medaljewenners was Rohan Kotze (een goud en twee silwer), Nico Kotze (drie silwer), Jan Gouws (twee silwer en een brons) en Martin Gunther (twee brons in die kompetisie vir swartgordels).

Geen van die Namibiese spanlede het dus sonder ''n medalje teruggekom nie.

Dit is ''n groot prestasie op hierdie hoë vlak van ­kompetisie met lande soos Amerika, Indië, Engeland, Iran, Duitsland, Suid-Afrika, Swaziland, Lesotho, Botswana en Mosambiek wat ook verteenwoordig was.

Die spanlede het hul waardering uitgespreek vir die goedgunstige borge wat bygedra het om hul reis na Johannesburg moontlik te maak.

Vir meer inligting oor oefengeleenthede in ­gevegskuns of hoe om by ''n klub aan te sluit, kontak gerus die spanbestuurder Joma O''Kill by 081 621 1962 of per e-pos na [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!