Plaaslike toeriste ondersteun NWR
Plaaslike toeriste ondersteun NWR

Plaaslike toeriste ondersteun NWR

Francoise Steynberg
Meer plaaslike toeriste het tydens die feesseisoen by oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) vakansie gehou.

Volgens NWR het hul algehele besetting sedert Desember 2015 met 'n gemiddeld van 10% elke jaar gestyg.

'n Verhoging in besetting is volgens NWR hoofsaaklik by hul Okaukuejo- en Dolomite-oorde in die Etosha Nasionale Park, Sesriem-kampeerterrein, Sossus Dune Lodge en Terracebaai waargeeem waar die besetting meer as 60% tydens die feesseisoen was. Volgens NWR was Torrabaai se kampeerterrein volbespreek.

"Ander oorde soos Gross Barmen, Hardap, Waterberg en Popa-valle het ook baie goed gedoen van voor Kersfees af tot Nuwejaarsdag," sê mnr. Mufaro Nesangano, NWR se bestuurder van korporatiewe kommunikasie en aanlyn media, in 'n mediaverklaring.

"Tydens die vakansieseisoen was NWR aan die stuur van sake by Jakkalsputz, Myl 72 en Myl 108 nadat dit voorheen in ander entiteite se hande was. Ons is verheug oor die ondersteuning van die plaaslike mark, asook dat hulle ons ‘geboortepyne’ verstaan,” het NWR se besturende direkteur, me. Zelna Hengari, gesê.

"Hierdie feesseisoen het ons die geleentheid gebied om vas te stel hoe ons geriewe vir die komende openbare vakansiedae kan verbeter."

NWR meen met die ekonomiese krisis wat Namibië tans beleef, "is ons dankbaar vir die aantal plaaslike toeriste wat nie toegelaat het dat die finansiële uitdagings hulle verhoed om van ons bekende oorde tydens die afgelope feesseisoen te besoek nie, veral as in ag geneem word dat plaaslike toeriste in Desember nie net die geleentheid het om NWR-geriewe te ontdek nie, maar die hele Namibië".

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!