Plaaslike talent sing harte uit
Eerste uitstemronde gehou
Mariselle Stofberg - Voice of Namibia se tweede seisoen is goed op dreef.
Die eerste uitstemronde by die Windhoek Buitekluboord sal op 9 Februarie regstreeks deur tv2Namibia uitgesaai word.
Tydens hierdie ronde gaan die top-12-finaliste aangekondig word.
Alinda Lu’Mar, wat die kompetisie van stapel gestuur het, het groot drome vir hierdie seisoen.
“Ons het baie sterk kompetisie vanjaar en hoop om verder op die sukses van ons eerste seisoen te bou.”
Voice of Namibia is ’n sangkompetisie wat ’n platform wil skep om sangtalent in Namibië ten toon te stel en te bevorder.
Vanjaar het Voice of Namibia ongeveer 50 inskrywings ontvang, wat ’n groot verbetering op die ongeveer 11 inskrywings van die eerste seisoen is.
“Die hoeveelheid inskrywings is nog nie wat ons wil hê nie, maar dit is beslis ’n groot verbetering. Mense in Namibië is baie bang vir die verhoog, wat mense dikwels skrikkerig maak om aan iets soos Voice of Namibia deel te neem,” sê Lu’Mar.
Die eerste seisoen is slegs op ’n multimediaplatform gedryf, wat van aanlyn beoordelaars en stemme van die publiek gebruik gemaak het.
Vanjaar is die fokus op ’n glansryke geleentheid wat ’n platform vir plaaslike sangtalent skep.
Claudine Nelson, wenner van die eerste seisoen, en die dansers Schwané Blignaut en Meagan Barnard gaan ook tydens dié kompetisie optree.
Die wenner van vanjaar se kompetisie kan ’n kontantprys, wegbreeknaweek vir twee by Indulge Guesthouse op Swakopmund, elektroniese toestelle geborg deur Varta en gratis stemafrigting vir drie maande by The Singing Academy wen.
The Voice Namibia is ’n groot droom en passie van Lu’Mar, wat self ook ’n sanger is.
“My hoop vir hierdie jaar se kompetisie is om eindelik meer selfvertroue by die deelnemers te kweek. Ek wil deelnemers die kans gee om hul drome uit te leef.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie