Pitt dood gevind
Pitt dood gevind

Pitt dood gevind

Die moordslagoffer het in 'n verklaring vir haar ekskêrel se borgtogaansoek gesê hy hou nie 'n bedreiging vir haar lewe in nie.
Adolf Kaure
Adolf Kaure op Swakopmund - Die lyk van die vermiste mnr. Ivan Pitt (29) is gisteroggend in die motorhuis van die moordhuis op Swakopmund ontdek waar me. Lindie Prinsloo (39) Vrydag wreed vermoor is.

Pitt, Prinsloo se ekskêrel, wat sedert haar moord deur die polisie gesoek is, se lyk is gisteroggend deur haar vriend, mnr. Adam Labuschagne, gevind toe hy na 'n tafel in die motorhuis op soek was.

Labuschagne het gesê Pitt het houtwerk gedoen en 'n kliënt wou weet of 'n tafel wat hy moes maak, gereed is.

“Ek het van Walvisbaai af gery om te kyk of die tafel in die motorhuis is. Ek het die sleutels vir die motorhuis gekry en toe ek by die huis kom, het ek iets vreemds geruik.

"Ek het gedog die reuk kom van die asblik af en dat dit dalk weens die bloed is nadat die huis ná die moord skoongemaak is," het hy vertel.

Toe Labuscagne die motorhuisdeur oopmaak, het hy Prinsloo se Kia gesien en toe die lyk wat aan 'n tou van die dakbalk af hang.

Labuschagne het ook Vrydag omstreeks 16:00 Prinsloo se sesjarige dogtertjie, Amelie, alleen in die huis saam met die lyk van haar ma met 'n oopgesnyde keel in 'n plas bloed gevind.

PRINSLOOS BERUS

Op 'n vraag oor hoe die Prinsloo-familie daaroor voel dat Pitt dood is, het die oorledene se jongste broer, mnr. Human Prinsloo (31), uit Outjo gesê "ons berus daarby”.

“Ons het geen idee hoe erg die hel is nie," het hy aan Francoise Steynberg gesê.

Prinsloo sê Pitt het seker geen ander uitweg gehad nie en hy voel jammer vir sy ma en familie.

"Ten minste hoef ons nie meer oor Amelie se veiligheid bekommerd te wees nie."

Op 'n vraag oor hoe dit nou met Amelie gaan, het Prinsloo gesê "sy is sterker as ons".

Amelie het volgens Prinsloo vir haar ouma, me. Anita Prinsloo gevra: "Ouma, hoekom huil jy? Huil jy oor Mamma? Haar lyf is dalk dood, maar haar siel is by liewe Jesus en by ons.”

Prinsloo het gesê sy broer in Kanada, Nico (33), sou gister vir 'n noodreisdokument aansoek doen om sy suster se begrafnis op Outjo by te woon.

HUIS NIE BEWAAK

By die moordhuis het die polisielint Saterdagoggend slap gehang. Sondag omstreeks 18:00 was die polisielint weer styf gespan, het 'n inwoner van Vineta aan Republikein gesê.

"Die polisie moes dus weer intussen by die moordhuis gewees het. Waarom is die huis nie sedert die moord onder polisiebewaking geplaas nie?" word gevra.

'n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinp. Kauna Shikwambi, het bevestig die huis was nie onder polisiebewaking nie, omdat vermoed is Pitt het met die motor weggery.

"Die polisie het selfs gehoor die vermiste motor was in 'n ongeluk betrokke," het sy gesê.

Pitt, die oorledene se motor en selfoon het sedert haar moord verdwyn en die polisie het 'n soektog van stapel gestuur om Pitt op te spoor en te ondervra. Die publiek is versoek om te help soek en Pitt se ma, me. Bridget Pitt, het 'n beroep op hom gedoen om homself aan die polisie oor te gee.

Die nadoodse ondersoek kan moontlik bepaal wanneer presies Pitt gesterf het.

Intussen is die polisie en Pitt se familie woedend oor 'n grufoto van sy lyk wat deur 'n weekblad op sosiale media geplaas en versprei is. Die polisie het daarná geweier om enige inligting oor die voorval te verskaf.

BORGTOGAANSOEK

Prinsloo het op 17 Augustus 'n beëdigde verklaring by Pitt se borgtogaansoek ingedien rakende die klag van huishoudelike geweld wat sy teen hom aanhangig gemaak het.

Sy het aan die hof gesê die beskuldigde is haar voormalige kêrel en hulle was vir vier weke uitmekaar.

“Ek wil hê borgtog moet aan die beskuldigde toegestaan word. Ek dink nie hy hou 'n bedreiging vir my lewe in nie en ek het hom in die tronk gaan sien. Hy het verskoning gevra en ingestem om berading te kry om sy woede te bestuur.”

Die hofrekord dui aan Prinsloo het aan die hof gesê die beskuldigde het haar nie aangerand nie en het met haar probeer praat.

“As ek nie na hom geluister het nie, het hy 'n mes gevat en dit teen my keel gedruk om my te laat luister. Ek is nie meer bang vir hom nie.

"Daar is geen voorwaardes wat ek voorstel nie, want ons moet steeds saamwerk. Hy sal nie na my huis toe kom nie, maar ek wil nie hê dit moet 'n hofbevel wees nie. Ek glo hy sal doen wat hy sê."

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066