• Tuisblad
  • Sake
  • Pioneer se beleggers sê ja vir oorname deur Pepsi
Pioneer se beleggers su00ea ja vir oorname deur Pepsi
Pioneer se beleggers su00ea ja vir oorname deur Pepsi

Pioneer se beleggers sê ja vir oorname deur Pepsi

Nellie Brand-Jonker – Die genoteerde voedselvervaardiger Pioneer se aandeelhouers het Dinsdag die transaksie met Pepsi goedgekeur.

Pepsi gaan Pioneer teen sowat R25 miljard koop.

Pioneer se algemene vergadering is Dinsdag by Century City in Kaapstad gehou. Vyf spesiale resolusies en vier gewone besluite is goedgekeur.

Twee van die spesiale resolusies hou verband met die reëlingskema ingevolge art. 114 en art. 115 van die Maatskappywet.

Nog ’n spesiale resolusie lui dat al dié spesiale resolusies herroep kan word indien sekere voorwaardes van die skema nie nagekom word nie. Die skema is nog aan talle voorwaardes onderhewig.

Die vierde spesiale resolusie hou verband met die terugkoop van aandele van die bemagtigingstrust.

Die vyfde spesiale resolusie is ten opsigte van eenmalige vergoeding vir die onafhanklike komitee van direkteure vir die dienste wat hulle gelewer het met die Pepsi-aanbod. Norman Thomson kry R120 000 en die ander drie lede van die komitee – Sango Ntsaluba, Lindiwe Mthimunye en Christoff Botha – kry elk R60 000.

Die gewone resolusies hou onder meer verband met die denotering van Pioneer se gewone aandele op die JSE asook wysigings aan die aandeleplan waarmee direkteure vergoed word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!