Pio Teek se eis om skadevergoeding misluk
Pio Teek se eis om skadevergoeding misluk

Pio Teek se eis om skadevergoeding misluk

Ronelle Rademeyer
Die siviele eis om skadevergoeding deur Pio Teek, eertydse waarnemende hooggeregshofregter, teen die minister van justisie en die ombudsman vir sy vervolging meer as ‘n dekade gelede op klagte van onder meer ontvoering en verkragting, het in die hoërhof misluk.
Regter Herman Oosthuizen het sy eis vandag (Dinsdag) van die hand gewys en gelas dat die partye elk hul eie koste betaal.
Dit is die tweede hof-terugslag vir Teek binne die bestek van 13 maande. In Februarie verlede jaar het regter Thomas Masuku die staat se aansoek om verlof tot appèl teen sy vryspreking in 2010 op hierdie klagte, toegestaan.
Die staat het appèl aangeteken teen Teek se vryspreking op twee klagte van ontvoering, een klag van verkragting, 'n klag van die pleeg van 'n onsedelike of immorele daad met 'n meisie onder die ouderdom van 16 jaar en 'n klag van die verskaffing van alkohol aan 'n persoon onder die ouderdom van 18 jaar.
Dié aanklagte spruit uit aantygings dat hy twee meisies van onderskeidelik nege en tien jaar oud op die aand van 28 Januarie 2005 in Katutura opgelaai het en na sy huis by Brakwater geneem het.
In sy pleitverduideliking het hy aan die hof gesê hy het die meisies opgelaai omdat hy hulle in die straat gevind het en hulle vuil en honger gelyk het. Hy het hulle toe na sy huis geneem om vir hulle kos te gee.
Hy is onskuldig bevind en ontslaan.
Drie Suid Afrikaanse hooggeregshofregters het egter in April 2009 in Windhoek se hooggeregshof bevind dat Teek nie in Julie 2006 op al die klagte teen hom vrygespreek moes gewees het nie en die saak is terugverwys.
Op 16 Desember 2010 het waarnemende regter Ronnie Bosielo van Suid-Afrika hom egter vir ‘n tweede keer vrygespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!