Pikkewyne vrek glo weens voëlgriep

Nie aansteeklik vir mense

07 February 2019 | Omgewing
Tanja Bause - Dooie Afrika-pikkewyne word steeds op Halifax-eiland naby Lüderitz, in die see en op strande in dié omgewing ontdek.

Sedert die vrektes aan die begin van Desember 2017 is meer as 250 karkasse van volwasse pikkewyne reeds gevind.

Verlede week alleen is 30 karkasse ontdek.

“Ons was Saterdag weer op Halifax en het nóg dooies ontdek. Ons het die pikkewyne verbrand in die hoop dat ons die virus kan stop. Ons was van twee staatsveeartse van Keetmanshoop vergesel, wat verdere monsters geneem het,” het dr. Jessica Kemper, ’n pikkewynkenner en navorser, gesê.

Intussen het die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in ’n verklaring gesê hoewel hulle nog op die toetsuitslae van die sentrale veeartseny-laboratorium wag, lyk dit wel of die oorsaak van die sterftes voëlgriep is.

Monsters en organe van dooie pikkewyne is twee weke gelede reeds na die laboratorium in Windhoek gestuur en geen amptelike bevestiging of uitslae hieroor is al ontvang nie en dié kantoor het teen druktyd, ná herhaalde versoeke om kommentaar, nie gereageer nie.

“Dit is nie besoedeling nie, dit is nie olie nie, dit is nie skadelike algblom-toksiene nie – dit is 'n virus. En ons pikkewyne vrek. Ons moet hierdie uitbreking beheer, die impak daarvan beperk en verhoed dat dit versprei,” sê Lüderitz Marine Research se Facebook-bladsy.

“Weerstoestande laat nie toe dat ons elke dag Halifax toe kan gaan nie. Maar die ministerie is daaraan toegewy om die eiland op ’n gereelde basis te besoek sodat ons die dooie pikkewyne kan optel en hulle verbrand om te verhoed dat die virus versprei,” lui die verklaring.

Tydens ’n ondersoek is gevind een geelbekseeswael (Swift Tern) op Halifax het dieselfde simptome as die pikkewyne getoon.

“Ons grootste kommer is dat die pikkewyne reeds ’n bedreigde spesie is. Hoewel goeie bevolkingsgroei op die eiland aangeteken is, is dit ’n ramp vir die bevolking,” lui die verklaring.

In 2017 het die H5N8-stam van die voëlgriepvirus onder Suid-Afrika se pluimveebedryf uitgebreek.

Hoewel die hoenderbedryf die meeste hieronder gely het, is ook sterftes onder Afrika-pikkewyne, seeswaels en malgasse aangemeld.

Die virus is nie aansteeklik vir mense nie en daar word vermoed die pikkewyne op Halifax is deur dieselfde stam van die virus geraak.

“Tot dusver kom die pikkewynvrektes steeds net op Halifax-eiland onder volwasse pikkewyne voor en is daar steeds geen dooies op die Mercury-, Possession- en Ichaboe-eilande ontdek nie,” het Kemper gesê.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

19 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

20 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

20 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...