Pikkewyne gooi duim

31 August 2018 | Omgewing
Tanja Bause - Vier Afrika-pikkewyne soek ’n saamrygeleentheid na Lüderitz.

Die pikkewyne is met olie besmet aan die begin van Augustus tussen Walvisbaai en Sandwich-hawe opgetel. Volgens me. Maike Lohmann, wat hulp met die vervoer van die voëls vra, is hulle gewas en nou reg om terug huis toe by Lüderitz te gaan.

“Hulle was 'n bietjie ondergewig, maar is nou lekker vet te danke aan die talle instansies en privaat persone wat vir hulle vis geskenk het,” het sy gesê.

Mnr. Mark Boorman en sy vrou, dr. Sandra Dantu, is die afgelope 20 jaar deur middel van die Penguin-rehabilitasiesentrum met die redding en rehabilitasie van pikkewyne betrokke.

“Wanneer ons die olie van die pikkewyne afwas, word die natuurlike olie ongelukkig ook afgewas en moet ons wag totdat dit natuurlik vervang is voordat ons hulle kan vrylaat. Maar hulle is nou gereed,” het hy gesê.

In Junie is Daisy die pikkewyn wat ook met olie besmet in Swakopmund opgetel is, per vliegtuig na Lüderitz vervoer en vrygelaat.

“Daar is genoeg vis vir hulle en groot Afrika-pikkewynkolonies aan die kus by Lüderitz. Dus moet hulle terug soontoe. Die pikkewyne is nog nie ’n jaar oud nie en dit gebeur dikwels dat die jong pikkewyne van die kolonie wegswem en kuslangs hoër op swem. Hulle sal dan na die kolonie terugkeer wanneer hulle volwasse is,” het Boorman gesê.

Curious George, Private, Wilde Thing en James Penguin 007 is besmet met olie wat vermoedelik onwettig van ’n skip gestort is.

Volgens Lohmann sal dit ideaal wees as hulle per vliegtuig terug Lüderitz toe kan gaan, maar 'n boot of voertuig is ook geskik.

“As iemand hulle met ’n voertuig wil saamneem, moet hulle net onthou dat die pikkewyne koel gehou moet word tydens die vervoer. Hulle hoef ook nie almal tegelyk te vervoer nie. As iemand net plek vir een het, is dit ook goed,” het Lohmann gesê.

Mense wat wil help, kan vir Lohmann by 081 122 8879 of Boorman by 081 858 5759 kontak.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

19 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

19 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...