Pik Botha vanoggend in Pretoria oorlede
Oudminister Pik Botha van Suid-Afrika is in die vroeë ure vanoggend (Vrydag) in sy huis in Pretoria dood. Hy was 86 jaar oud.
Netwerk24 berig sy vrou, Ina, was by hom. Hy het aan orgaanversaking gesterf.
Botha se grootste nalatenskap was nie so seer tot die binnelandse politieke toneel in Suid-Afrika nie, maar as minister van buitelandse sake - ’n pos wat hy 17 jaar lank beklee het.
Hy het 'n groot rol gespeel in die implementering van Resolusie 435 en die aanloop na Namibië se onafhanklikwording,
Theresa Papenfus beskryf sy bydrae tot die streekspolitiek só in haar biografie, "Pik Botha en sy tyd": "Die groot verhoog was altyd die skikking in Rhodesië, die Suidweskwessie, die oorlog in Angola, die onttrekking van Kubane en die onafhanklikwording van Namibië. Die apartheidkwessie het altyd gespook.
"Dan was daar ook die Nkomati-verdrag met Mosambiek in 1984, ’n vredesooreenkoms wat op inisiatief van Pik en sy amptenare vir ondertekening opgestel is."
Die oudpolitikus mnr. Dirk Mudge het aan Sarel van der Walt van Beeld gesê: "Pik het die kuns van politieke oorlewing goed bemeester".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie