Pienk vir kanker
Yolanda Nel
'n Tekort aan opgeleide personeel en toerusting in hospitale verhoed Namibiërs, veral vroue, om die nodige toetse te ondergaan wat kanker kan diagnoseer.
“'n Gemiddeld van 10 Namibiërs word daagliks met kanker gediagnoseer,” sê mnr. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië (CAN).
'n Totaal van 3 587 gevalle van kanker is in 2015 en 2016 by die nasionale kankerregister aangemeld, terwyl meer as 1 200 gevalle nie geregistreer kon word nie weens 'n gebrek aan inligting oor die pasiënte.
“Ons doen 'n beroep op die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om kanker as 'n siekte te lys wat aangemeld moet word,” sê hy.
Dit sal CAN in staat stel om toegang tot inligting oor pasiënte te verkry, asook tot meer omvattende data oor die voorkoms van kanker in Namibië.
Hansen het Dinsdag tydens die bekendstelling van die jaarlikse Hats & Roses-geleentheid vir vroue gepraat oor die probleme wat vroue moet oorkom.
“Die algemeenste kankers wat by vroue voorkom is voorkombaar en kan behandel word,” sê hy.
Die meeste vroue in veral landelike gebiede het nie toegang tot dokters nie.
“Daar is 'n drastiese tekort aan mediese toerusting en opgeleide personeel, en talle klinieke in die land kan nie eers vir bors- en servikale kanker toets nie.”
Die geld wat tydens die Hats & Roses-geleentheid ingesamel word, sal vir nasionale kankeruitreikprogramme aangewend word.
“Dit sal vroue dwarsoor die land in staat stel om teen 'n koste van net N$70 vir bors- en servikale kanker getoets te word,” sê hy.
Die Hats & Roses-geleentheid staan vanjaar bekend as die Pink Fiesta.
Afgesien van heerlike samesyn tydens 'n ontbyt sal gaste ook 'n markdag kan bywoon met meer as 50 stalletjies en hope vermaak.
Dit vind op 7 Oktober plaas by Out of Nature van 09:30 tot 16:00.
Spar Namibia tree as hoofborg vir die geleentheid op met 'n borgskap van N$100 000.
Alexander Forbes het 'n bedrag van N$70 000 beskikbaar gestel, terwyl House of JC le Roux, van Distell, sjampanje vir die geleentheid skenk.
Kaartjies is reeds beskikbaar teen N$500 per persoon of teen N$5 000 vir 'n tafel vir 10 mense. Navrae: [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie