Phoniker Orchestra sweef deur dekades
Die bekende Namibiese groep The Phoniker Orchestra gaan die Warehouse-teater se verhoog met bekende internasionale treffers van die afgelope vyf dekades inkleur.
Gehore kan uitsien na ’n fantastiese mengsel van die grootste rock-treffers, soul-musiek, sowel as moderne popmusiek van die 1950's tot die 2000's. Treffers van James Brown, The Beatles, Huey Lewis, Elvis Presley, Johnny Cash, John Denver, Ray Charles, Gloria Gaynor en vele meer sal deur die groep uitgevoer word. Stof solank jou dansskoene af!
Die groep bestaan uit Claudine Nelson, Thomas Bokemuller, Dave Webster, Robert Key, Hellmut Kries, Hu-De San, Kathrin Vente, Jörg Guttzeit, Peter Kazmaier, Udo Witte en Niko Brückner.
Die vertoning begin vanaand om 20:00. Kaartjies is by www.eventstoday.com.na teen N$120 of by die deur teen N$150 beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie