PG verduidelik wetsontwerp op immuniteit
Die kabinet het op 14 Maart vanjaar in beginsel goedkeuring verleen aan die konsepwetsontwerp op immuniteit vir uitvoerende lede.
Dit is na die kabinetskomitee, belas met wetgewing, vir verdere ondersoek verwys voor dit in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê sal word.
Volgens 'n verklaring van die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, is die doel van die wetsontwerp om burgerlike immuniteit aan lede van die uitvoerende gesag in burgerlike regsprosedures te verleen. Dit beskerm ook lede van die uitvoerende gesag daarteen om persoonlik en siviel aanspreeklik gehou te word in die uitvoering van hul amptelike pligte.
“Die wetsontwerp op immuniteit vir uitvoerende lede van 2017 is nie 'n nuwe konsep nie. Op 17 Junie 1985 is die Totstandkoming en Magte van die Wetgewende en Uitvoerende Owerheid vir die gebied van Suidwes-Afrika geproklameer en in die Staatskoerant gepubliseer.
“Proklamasie R101 het daarvoor voorsiening gemaak dat 'n minister wat vir regsoptrede geteiken word, by wyse van sy of haar amptelike titel en nie by name nie, aangekla moes word,” het Shanghala verduidelik.
Hy wys ook daarop dat ministeriële immuniteit tans by wyse van verskillende wette gereël word, soos die Wet op Nasionale Erfenis (Wet 27 van 2004) en die Wet op Loterye (Wet 15 van 2002).
Die voorgestelde wetgewing wil nou immuniteit vir lede van die uitvoerende gesag konsolideer.
Shanghala het die versekering gegee dat dié wetsontwerp nie totale immuniteit aan lede van die uitvoerende gesag verleen nie.
“'n Behoorlike balans is inderdaad in die wetsontwerp verseker tussen die ondersteuning van ministers terwyl hulle steeds aanspreeklik gehou sal word, sou hulle onverantwoordelik optree,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie