PG aarsel oor Shanghala se kosteversoek

Drie maande nadat die prokureur-generaal gevra is om die regskoste van sy voorganger te dek, is geen besluit nog geneem nie.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die prokureur-generaal (PG), mnr. Festus Mbandeka, staan voor die onbenydenswaardige taak om te moet besluit of sy kantoor die regskoste van die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, gaan dek.

Dit is waarskynlik Mbandeka se moeilikste besluit sedert sy aanstelling verlede jaar. Veral met die openbare debat wat woed oor die land se grootste visseryskandaal – waar Shanghala as mede-meesterbrein beskuldig word – en die howe wat by verskeie geleenthede die Fishrot-beskuldigdes borgtog geweier het, omdat dit nie “in die belang van openbare geregtigheid” was nie.

Shanghala se prokureurs het in Desember 2020 'n aansoek om regshulp by die PG se kantoor ingedien. Hy wil hê die regering moet regsverteenwoordiging aan hom voorsien of sy regskoste betaal.

Die PG se kantoor, wat die aansoek nou al byna drie maande lank oorweeg, moet nog oor die saak besluit.

Van Mbandeka se voorgangers het hul insette gelewer oor hoe hulle die kwessie sou hanteer. 'n Paar sê die aansoek is 'n uitdaging met geen duidelike konsensus of die regering belastinggeld moet gebruik om Shanghala – wat op bedrog, geldwassery en belastingontduiking tereg staan – se regskoste te dek nie.



GEEN MERIETE

Adv. Vekuii Rukoro, wat tussen 1995 en 2000 as PG gedien het, sê die aansoek het “duidelik geen meriete nie”.

“Hoewel mnr. Shanghala die kantoor van die prokureur-generaal beset het toe hy na bewering by die Fishrot-skandaal betrokke geraak het, val die korrupte en gepaardgaande kriminele bedrywighede waarvan hy aangekla word, nie onder die amptelike pligte van die PG nie,” meen hy.

Inteendeel, het Rukoro gesê: “Indien en wanneer hy besig was met die skelmstreke, het hy homself effektief buite die bestek van sy diens as PG geplaas en kwalifiseer hy dus nie vir die staatsfinansiering van sy regskoste nie."

Hy het gesê die beste wat Shanghala kan doen, is om normale staatsbetaalde regshulp aan te vra – as sy persoonlike omstandighede hom wel daarvoor kwalifiseer.

"Om die staat te bedrieg terwyl jy PG is, maak beslis nie deel uit van die amptelike pligte van die amp nie,” het hy gesê.



MOEILIKE BESLUIT

Nog een van Mbandeka se voorgangers, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het gesê die kwessie hang af wie het Shanghala se bedrywighede goedgekeur.

“Wel, dit hang alles af; dit is nie 'n eenvoudige saak nie. As hy aangesê is om te doen wat hy gedoen het en dit was deel van sy pligte, dan moet die regering natuurlik betaal. Maar as hy in sy eie hoedanigheid opgetree het, kan ons natuurlik nie verwag dat die regering moet betaal nie,” het sy gesê.

Shanghala het vir 'n geruime tyd as Iivula-Ithana se spesiale raadgewer gedien tydens haar ampstermyn as minister van justisie en PG.

Sy het gesê sy was baie kwaad toe die Fishrot-skandaal op die lappe gekom het en sy het geweier om hom in die tronk te besoek.

“Toe het ek afgekoel en soos 'n ouer begin dink en ek het besluit om wel 'n besoek af te lê,” het sy gesê.



DRA DIE GEVOLGE

Mnr. Ngarikutuke Tjiriange het gesê hy voel Shanghala moet nie van die regering verwag om sy regskoste te dek net omdat hy 'n minister was nie.

“Die saak moet deeglik ondersoek word om vas te stel of hy 'n doelbewuste fout gemaak het of nie. As hy doelbewus by dié gemors betrokke geraak het, moet hy nie ondersteuning verwag nie,” het die voormalige PG, wat tussen 2000 en 2001 gedien het, gesê.

Tjiriange het 'n beroep op regeringsamptenare gedoen om hulle daarop toe te spits om die volk te dien, in plaas daarvan om hulle eie sakke vol te maak.

“Fishrot het niks met die regering te doen nie en daarom moet diegene wat misdade pleeg die gevolge dra,” het hy gesê.



GEEN KOMMENTAAR

Intussen het die huidige minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, wat tussen 2008 en 2015 as PG gedien het, geweier om kommentaar te lewer en bygevoeg dat hy nie vir Mbandeka in 'n moeilike posisie wil plaas nie.

“Gestel sy siening verskil van myne, dan het ons môre 'n meningsverskil. Praat net met die kollega wat hier in beheer is,” het Kawana gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25%