Peugeot, Opel nou op Walvisbaai vervaardig
Peugeot, Opel nou op Walvisbaai vervaardig

Peugeot, Opel nou op Walvisbaai vervaardig

Die doel van die aanleg is om 5 000 motors per jaar teen 2020 te vervaardig en die hele suider-Afrika van voertuie te voorsien.
Erwin Leuschner



President Hage Geingob het gister amptelik die aanleg van die Franse motorvervaardiger PSA in Walvisbaai ingehuldig – en self 'n Peugeot 5008 toetsbestuur wat op die hawedorp aanmekaargesit is.

“Ek is opgewonde,” het hy gesê nadat hy uit die motor geklim het.

Vir Geingob was gister se seremonie by die nuwe aanleg 'n mylpaal in die land se geskiedenis: 'n Belegging in die motorbedryf wat Namibië se ekonomie uitbrei.

Dit het hom ook met nostalgie vervul.“Die eerste kar wat ek voor onafhanklikheid gekoop het, was 'n ou Peugeot in Zambië,” het hy gesê.

Tans word slegs drie verskillende sportsnutse (SUV's) by die aanleg aanmekaargesit – die onderdele daarvan word van oorsee af ingevoer.

Die voertuie sluit in twee Peugeot-modelle, 'n 3008 en 5008, asook die Opel Grandland X, het mnr. Emre Karaer, visepresident van Peugeot vir Afrika suid van die Sahara gesê.

“Ons is dankbaar vir ons vennoot, die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC), dat die projek verwesentlik is,” het hy bygevoeg

Volgens Karaer het 15 voertuie tot dusver van die monteerbaan af gery – vyf elk van die drie modelle wat in die aanleg aanmekaargesit word.

“Ons doel is om 5 000 motors per jaar teen 2020 aanmekaar te sit,” het hy gesê. “Die PSA-groep hoop om hierdeur die hele Suider-Afrika van die voertuie te voorsien en so ook die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se teiken te bereik.

“Ons wil plaaslike ontwikkeling bevorder en so veel as moontlik plaas­lik vervaardigde motors bied,” het hy gesê.

“Hierdie voertuie ondergaan verskeie, streng toetsprosedures sodat ons 'n waarborg op al die veiligheid- en gehaltestandaarde van die PSA kan gee.”

Die PSA-groep is 'n Franse, multinasionale vervaardiger van voertuie en tel onder een van die wêreld se grootste motorvervaardigers. Karaer het klem hierop gelê en nog syfers verskaf: In die afgelope boekjaar het die PSA-groep in totaal 2,2 miljoen motors vervaardig en 'n inkomste van 38,6 miljard Euro gehad.

Die Namibiese fasiliteit het altesaam 50 nuwe werksgeleenthede geskep – 'n verblydende getal, volgens amb. Claire Bodonyi, die Franse ambassadeur in Namibië.

“Hoekom het ons Namibië gekies? Die rede is eenvoudig: Jy kies 'n waardevolle vennoot,” het sy gesê. Volgens haar verteenwoordig die voltooide aanleg 'n totale belegging van N$190 miljoen.

President Geingob het sy lof uitgespreek vir onder meer die belegging en die aantal nuwe werksgeleenthede wat geskep is, asook die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, wat “deur hel gegaan het om die projek te verwesenlik”.

“Die motorbedryf is een van die sektore wat in ons tuisgroeistrategie as 'n prioriteit geïdentifiseer is. Ons glo deur belegging vir die sektor te lok, kan ons die ekonomie help uitbrei. Dit sal ook ons strewe steun om 'n deurgangspoort vir die streek te wees wat 'n stabiele politieke en ekonomiese omgewing vir multinasionale maatskappye bied,” het hy gesê.

Geingob het gesê die pad na die verwesentliking van die projek was vol uitdagings. “Daar is 'n hele paar lande in die streek wat graag die gasheer vir die projek sou wou wees, maar deur onderhandelinge het die toewyding van die Namibiese regering en Peugeot duidelik vorendag getree om Namibië die voorkeurkeuse te maak.

Die belegging is ook 'n aanduiding van “ons strewe om ons eie nywerheidsrewolusie te begin”. Dit, volgens Geingob, sal 'n rewolusie wees wat vir baie jare “ons in staat sal stel om werksgeleenthede, 'n hoë lewenstandaard, asook sekuriteit en vooruitgang vir almal te bied”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!