Petrolprys: Só lyk syfers vir Junie nou
William Horne – Die petrolprys gaan dalk nie in Junie skerp styg nie – en kan selfs daal. Maar dit sal styf duim vashou oor die volgende paar weke verg.
Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds (SEF) dui op ’n onderverhaling (dus ’n moontlike styging) van minder as 1c op ’n liter 95-oktaan-petrol, en ’n oorverhaling (dus daling) van 1c op 93-oktaan.
Daarteenoor is daar ’n onderverhaling van net minder as 13c per liter op die dieselprys.
Meer as twee weke bly oor voordat die brandstofpryse vir Junie vasgepen word, wat beteken daar is nog ruimte vir verandering.
Twee faktore beïnvloed plaaslike brandstofpryse: die rand-dollar-wisselkoers en internasionale brandstofpryse.
Laasgenoemde word deur oliepryse beïnvloed. Brent-ruolie, waarvan Suid-Afrikaanse petrol gemaak word, het sedert Desember van $50 per vat tot $71,80 Maandag gestyg, maar die styging is wel aan die verlangsaam.
Aan die kus kos 95-oktaan-petrol tans R16,03 en R16,48 in Gauteng. In Oktober 2018 het die prys sy hoogste vlakke nóg behaal en in Gauteng was dit R17,08.
Paraffien, wat baie gebruik word vir verhitting in Suid-Afrika wanneer die koue wintermaande tref, sal ook met sowat 10c duurder word, volgens die jongste skattings.
Die pryse vir Junie word op Vrydag 31 Mei vasgepen en geld vanaf Woensdag 5 Junie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie