Petrolprys mik vir N$14
Die ministerie sê die stygende pryse word hoofsaaklik aan twee faktore toegeskryf: die wêreldwye prys per vat verfynde olie, asook die wisselkoers.
Elvira Hattingh
Die prys van brandstof verhoog môre om 00:01 wéér – dié keer met 50 sent per liter
vir petrol en 70 sent per liter vir diesel.
Dit beteken die prys vir 95-oktaan-petrol op Walvisbaai sal voorts N$13,95 per liter wees, terwyl 500 ppm diesel N$14,48 per liter en 50 ppm diesel N$14,53 per liter sal kos.
Die ministerie van myne en energie het dié nuus gister in 'n nuusverklaring bekend gemaak en gesê die verhoging is nodig omdat die koste van die invoer van brandstof verlede maand nie ten volle aan verbruikers deurgegee is nie.
“Die ministerie is bewus van die feit dat brandstofpryse die afgelope maande ook verhoog is, maar die volle prysverhoging is nie na die verbruiker toe deurgevoer nie.
“Oor die afgelope maande is meer as N$470 miljoen deur die Nasionale Energiefonds (NEF) bestee om verhoogde brandstofpryse te betaal,” het mnr. Tom Alweendo, minister van myne en energie,
gesê.
Die voorlopige onderverhaling op die basiese brandstofprys (BFP), geland op Walvisbaai, staan op sowat 64 sent per liter vir 95-oktaan-petrol, 113 sent per liter vir 500 ppm diesel en 114 sent per liter vir 50 ppm diesel.
Suid-Afrikaanse brandstofpryse het op 3 Oktober op R16,85 vir 95-oktaan-petrol gestaan, terwyl 500 ppm diesel R15,64 kos en 50 ppm diesel R 15,69.
REDES
Die ministerie sê die stygende pryse word hoofsaaklik aan twee faktore toegeskryf: die wêreldwye prys per vat verfynde olie, asook die wisselkoers tussen die Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse dollar.
“Daar is ook 'n tekort aan olie op die wêreldmark nadat verskaffing deur Iran verminder is sedert Amerika sanksies op dié land toegepas het.
“Wanneer daar 'n tekort in die mark is, styg die pryse van olie natuurlik – soos dit die afgelope maande gedoen het. Maand-op-maand het die prys van olie stabiel gebly op gemiddeld U$86 per vat verfynde petrol en U$95 per vat verfynde diesel in Oktober 2018.
“Die wisselkoers het egter ietwat verswak van 'n gemiddelde N$14,40 in September na 'n gemiddelde N$14,50 in Oktober,” lui Alweendo se verklaring.
“Terselfdertyd maak grootmaat-invoerders op die winsmarge by die pomp staat. Ná 'n evaluering van die opbrengste op hul beleggings het dit aan die lig gekom daar is 'n tekort van 2 sent per liter.
“Om dié rede het die ministerie besluit om die bedryfsmarge met 2 sent per liter te verhoog, effektief van 7 November af. Die verhoging is by die nuwe brandstofprys ingesluit,” lui die nuusverklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie