Petrolprys: Duurder olie is rede tot kommer
Petrolprys: Duurder olie is rede tot kommer

Petrolprys: Duurder olie is rede tot kommer

Hanlie Stadler – Suid-Afrikaners betaal sedert middernag 13c per liter minder vir petrol, maar die nuwe koronavirus-uitbreking maak dit moeilik om te voorspel wat motoriste se voorland in Maart is.

Die olieprys het Woensdag met 2,5% gestyg en Donderdagoggend steeds hoër geklim. Skuins voor 07:00 het Brent-ruolie, die grondslag vir Suid-Afrikaanse brandstof, $56,21 per vat gekos.

Dis histories gesproke steeds laag – die rekordhoogtepunt van Brent-ruolie van $147,50 per vat is in Julie 2008 behaal. Maandelikse brandstofpryse word egter bepaal deur korttermynstygings en -dalings in pryse en in die rand-dollar-wisselkoers.

Die oorsigmaand vir Maart se brandstofpryse het op Vrydag 31 Januarie begin en duur tot Donderdag 27 Februarie. Pryse verander op Woensdag 4 Maart.

Ná die eerste vier dae van die Maart-oorsigmaand is daar stewige oorverhalings op brandstofpryse: 36c per liter vir 95-oktaan-petrol, 26c vir 93-oktaan en 65c per liter op dieselpryse van alle swaelinhoud. ’n Oorverhaling is met hoeveel brandstof goedkoper sou moes word indien dit vandag vasgepen sou word.

Die groot oorverhaling is danksy die skerp daling van 18% in die olieprys sedert vroeg Januarie weens vrese dat die nuwe 2019-koronavirus (2019-nCoV) die vraag na brandstof in veral China, maar ook wêreldwyd, gaan knou.

Die rand, die ander faktor wat plaaslike brandstofpryse van maand tot maand bepaal, het in die teenoorgestelde rigting beweeg weens die virus. Dit het Vrydag vir die eerste keer in drie maande in New York bo R15 per dollar gesluit.

Sedertdien het die rand effens versterk en dit het Donderdagoggend R14,73 vir ’n dollar gekos.

Selfs al lyk ’n derde maandelikse daling in die petrolprys in Maart tans moontlik, moet motoriste nou reeds ’n knoop in hul oor maak dat April die maand is waarin die regering die algemene brandstofheffing en die Padongelukkefondsheffing verhoog. Ontleders voorspel ’n stewige verhoging in albei heffings in die lig van die feit dat die staat verskeie belastings sal moet verhoog om sy begrotingstekort en skuldvlakke te temper.

Die rede vir Woensdag se skerp styging in oliepryse is omdat dit lyk asof lande soos Saoedi-Arabië en Rusland onderhandel oor die moontlikheid om produksie verder te besnoei in ’n poging om die olieprys te laat styg.

Gesprekke tussen die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) en sy bondgenote, insluitend Rusland, duur nou vir die derde dag nadat hulle die afgelope twee dae nie konsensus kon bereik nie, berig Bloomberg. Hulle bespreek die impak van 2019-nCoV op oliemarkte.

Enige styging in die olieprys wat die kartel met produksiebesnoeiing probeer bewimpel, kan teengewerk word deur die styging in Amerikaanse olievoorrade, wat volgens die land se Energie-inligtingsadministrasie die hoogste in meer as ’n maand is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!