Petisie teen vermeende Nimt-moordenaar
Petisie teen vermeende Nimt-moordenaar

Petisie teen vermeende Nimt-moordenaar

Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat glo twee maande terug ’n dubbelmoord op Arandis gepleeg het, is dié week terug in die hof.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die vermeende meesterbrein agter die onlangse Arandis-slagting wil op borgtog vrygelaat word.

Mnr. Ernst Lichtenstrasser gaan eerskomende Donderdag en Vrydag ’n formele aansoek om borgtog in die landdroshof op Swakopmund bring.

Hy is onlangs ná ’n uitgebreide polisieondersoek weens die moorde op mnre. Eckhart Mueller (72) en die 60-jarige Heimo Hellwig in hegtenis geneem.

Mueller en Hellwig was onderskeidelik die direkteur en adjunkdirekteur van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt).

Lichtenstrasser is ’n dosent aan dié instelling.

Ten tyde van sy mees onlangse inhegtenisneming was hy reeds in aanhouding in verband met die besit van beweerde onwettige ammunisie waarvoor hy vroeër op Karibib aangekeer is.

Hy het laat verlede maand ’n tweede verskyning in die Karibib-landdroshof op dié klag gemaak.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 27 Junie uitgestel.

Intussen doen ’n aanlyn petisie die ronde waarin kapsie gemaak word teen Lichtenstrasser se moontlike vrylating op borgtog weens die Arandis-moorde op 15 April op Nimt se Arandis-kampus.

Republikein het vroeër berig spanning oor ’n geografiese skuif het glo hoog geloop tussen die slagoffers en die man wat weens hul skietdood vasgetrek is.

Die 57-jarige Lichtenstrasser, wat na bewering bykans twee maande gelede agt noodlottige skote op die myndorpie afgevuur het, was glo ongelukkig omdat hy van Tsumeb na Keetmanshoop verplaas is.

Mueller en Hellwig is in die kop en maag getref en is op die toneel dood.

Lichtenstrasser het op 15 April tussen 06:00 en 07:00 glo die sneller getrek nadat Mueller en Hellwig oudergewoonte saam in Mueller se Mercedes Benz op die kampus aangekom het.

Mnr. Richard Mueller, ’n seun van Mueller en ’n bekende Windhoekse prokureur, het vroeër die nuus oor sy pa se kollega se inhegtenisneming verwelkom.

“Wonderlik. Dit klink goed.”

Hy het die polisie vir hul flinke optrede geloof.

Sy pa en Hellwig het daagliks vir werk tussen Swakopmund en Arandis gependel.

’n Ander kollega wat ook dikwels saamgery het, het hulle nie daardie oggend vergesel nie.

Richard Mueller het vroeër gesê hy het die verdagte nooit ontmoet nie. Hy was egter bewus van die spanning, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!