Pes kan u2019n miljard se druiwe-uitvoere kelder
Pes kan u2019n miljard se druiwe-uitvoere kelder

Pes kan ’n miljard se druiwe-uitvoere kelder

Die Oosterse vrugtevlieg het waarskynlik van Zambië af na Namibië versprei en hou ’n bedreiging vir uitvoermarkte in.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Oosterse vrugtevlieg (Bactrocera dorsalis), wat onlangs mango’s in die Zambezistreek besmet het, kan Namibië se vrugte- en groente-uitvoermarkte bedreig.

Namibië se status is dat hy tans vry van dié pes is, en die land kon die afgelope jaar dus weer tafeldruiwe ter waarde van N$1,1 miljard uitvoer.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het die afgelope week ’n beroep op Namibiërs gedoen om met wetstoepassers saam te werk sodat beheermaatreëls toegepas kan word om te keer dat dit na ander streke versprei.

Die ministerie het vandeesweek in ’n mediaverklaring gesê: “Op grond van inligting wat met buurlande uitgeruil word, asook ander bewyse is daar ’n teenwoordigheid van die Oosterse vrugtevlieg in die Zambezistreek.”

Die ministeriële woordvoerder, mnr. Jona Musheko, sê dit het waarskynlik van Zambië af hierheen versprei deur die beweging van mense, insekte en diere tussen die lande.

“Dié vrugtevlieg is van ekonomiese belang omdat dit vrugte besmet en tot ernstige oesverliese kan lei. Dit word as ’n kwarantynpes geklassifiseer.

“Jaarliks word vraghouers vol produksie uit Afrika verwoes voor dit hul bestemmings bereik, omdat dit met die pes besmet is.

“As ’n besending na ’n internasionale mark soos Europa ’n enkele besmette vrug bevat, sal die hele besending verwerp word,” het hy gesê.

“Dit veroorsaak groot ekonomiese verliese vir uitvoerders en het reeds veroorsaak dat vrugte van talle Afrikalande nie op internasionale markte verkoop kan word nie,” het Musheko gesê.

Volgens die Namibiese Akkerbouraad (NAB) voer Namibië hoofsaaklik tafeldruiwe en dadels na internasionale markte uit.

Mnr. Gilbert Mulonda van die NAB het gister aan Republikein gesê Namibië het tydens die 2018-’19-seisoen sowat 29 762 ton druiwe uitgevoer.

“Die werklike waarde van die uitvoere tydens die 2018-’19-seisoen was sowat N$1,1 miljard.

“Dit is op heersende markpryse in die grootste uitvoermarkte gebaseer. Die prys vir uitvoertafeldruiwe per ton is sowat N$37 000, of N$37 per kg,” het Mulonda gesê.

Namibië het die afgelope vyf jaar tussen 23 775 en 31 554 ton druiwe jaarliks uitgevoer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!