Persvryheidsprys vir onstuitbare Maria Ressa

Unesco vereer Filippynse ondersoekende joernalis

30 April 2021 | Gebeure
Ronelle Rademeyer – Die onstuitbare Filippynse ondersoekende joernalis Maria Ressa (57) word Sondag in Windhoek tydens 'n internasionale konferensie met die Unesco/Guillermo Cano-toekenning vir Wêreldpersvryheid vereer.

Dit is een van die hoogtepunte van die Wêreldpersvryheidskonferensie met die tema “Information as a public good”, wat gister in die Namibiese hoofstad begin het en tot Maandag duur.

Dié konferensie ter viering van 30 jaar van die Windhoek-deklarasie en Wêreldpersvryheidsdag, plaas Namibië as destydse gasheerland opnuut op die internasionale media­verhoog.

Meer as 40 besprekingsessies oor kwessies soos media-lewenskragtigheid en -volhoubaarheid, die deursigtigheid van aanlyn platforms en die versterking van media- en inligtingsgeletterdheid word gehou.

Unesco, die Verenigde Nasies (VN) se organisasie vir onderwys, weten­skap en kultuur, sê in 'n verklaring hy het dié gesogte prys aan Ressa toegeken na 'n internasionale paneel haar aanbeveel het.

Die prysuitdeling vind Sondag in Windhoek plaas en word aanlyn ­uitgesaai.

Ressa, 'n voormalige hoof- ondersoekende joernalis vir CNN in Asië en hoof van die Filippynse televisiediens ABS-CBN News, bestuur deesdae ook die nuuswebwerf Rappler. Haar beriggewing oor die Filippynse leier, Rodrigo Duterte, het al 'n paar keer tot haar inhegtenisneming gelei.

Sy was deur haar loopbaan betrokke by talle internasionale inisiatiewe om persvryheid te bevorder, en moes gereeld vervolging trotseer, sê Unesco.

Ressa is ook die slagoffer van 'n volgehoue aanlyn veldtog waarin sy gedreig en geteister word, sê dié VN-agentskap. In 'n stadium het sy gemiddeld meer as 90 haatspraak-bood­skappe per uur op Facebook ontvang.

“Maria Ressa se onfeilbare stryd vir vryheid van spraak is 'n voorbeeld vir baie joernaliste oraloor die wêreld,” het Marilu Mastrogiovanni, 'n paneellid, gesê.

“Haar situasie is tekenend van wêreldwye tendense wat 'n werklike bedreiging vir persvryheid en dus vir demokrasie verteenwoordig,” meen Mastrogiovanni.

Volgens Ressa is die sake teen haar 'n manier waarop die Filippynse staatshoof haar “terugbetaal” vir haar kritiek op sy beleid, insluitend sy oorlog teen dwelms wat duisende mense doodgemaak het, berig The Guardian.

Sy is in 2019 deur Time aangewys as die 2018 Persoon van die Jaar.

Meer as 250 joernaliste en ander ­medialui van oraloor die wêreld woon die vieringe in Windhoek by. Mense wat hierdie konferensie aanlyn wil volg, kan Unesco se webblad by en.unesco.org besoek en daar registreer.– [email protected]

Soortgelyk

 

Ses sterftes, 177 nuwe gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar skuif met ses - vyf in Windhoek en een in Keetmanshoop -...

341 nuwe gevalle, een sterfte

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 683 ná die dood van 'n 52-jarige man van die Okakarara-distrik. Vandag is 341 nuwe gevalle aangemeld...

Britse miljardêr hoor Dinsdag oor borgtog

2 dae gelede | Howe

Mnr. Harvey Eric Boulter (51, foto), die Britse miljardêr en plaaseienaar van Kamanjab wat vandeesweek in die landdroshof op Outjo om borgtog aangesoek gedoen het,...

NBC-staking duur voort, 74 werknemers terug in die tuig...

2 dae gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug.Die voorsitter van...

Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

2 dae gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 vandag vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië in die land se immuniseringsveldtog...

Sewe toets positief by NIP-laboratorium

2 dae gelede | Gesondheid

Sewe mense het positief vir Covid-19 by die Nasionale Insitituut vir Patologie (NIP) se laboratorium in Windhoek getoets wat by die instituut se hoofkantoor geleë...

8 sterftes, 92 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar het met nog agt - drie elk in onderskeidelik Windhoek...

Self-management and its impact in leadership

3 dae gelede |

Gabrielle BotelhoSelf-management is the second pillar of emotional intelligence. It is a competency that is composed by the following abilities: self-control, trustworthiness, conscientiousness, adaptability, achievement...

A lawyer’s dream

3 dae gelede | Mense

Rivaldo KavangaIt is many Namibian law students’ and lawyers’ dream to start their own law firm. Henry Shimutwikeni has achieved this by establishing his own...