Perseverance veilig op Mars

Verdere verkenning van rooi planeet

22 February 2021 | Tegnologie
Elvira Hattingh

Die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se verkenningstuig, Perseverance – waarby dr. Japie van Zyl ten nouste betrokke was vóór sy aftrede in 2019 – het Donderdag veilig op Mars geland.

Dit het ook reeds die eerste foto’s van die rooi planeet geneem en terug aarde toe gestuur.

Die verkenningstuig, wat omtrent so groot soos ’n voertuig is, is die mees gevorderde robot om ooit na die rooi planeet gestuur te word. Dit het veilig in Mars se Jezero-krater geland, wat sowat 45 km wyd is.

Ná 'n reeks toetse op sy instrumente en hardeware, het Perseverance begin om te doen waarvoor dit gestuur is: te soek na enige tekens van antieke lewe op Mars, klipmonsters te versamel en te berg om terug aarde toe te neem en 'n paar splinternuwe eksplorasietegnologieë uit te toets.

Wat dié sending besonders maak, is die tuig het dié keer ‘n klein helikoptertjie saamgeneem wat aan sy “maag” vasgemaak is – iets wat die breinkind van Van Zyl, voormalige direkteur van sonnestelselverkenning by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL), was.

Dit staan as die Ingenuity Mars Helicopter bekend.

Van Zyl het in 2018 tydens ’n onderhoud met Republikein verduidelik dat dié projek hom baie na aan die hart lê en dat hy in 2013 omtrent vir sy Mars-helikopter moes “baklei”.

Danksy Van Zyl sal dit dus die heel eerste keer in die geskiedenis wees dat ’n klein, outomatiese helikopter op ’n ruimtesending vir verkenning ingespan word. Dit sal drie keer meer van die gebied kan verken as wat ’n robottuig kan doen.

Dit volg nadat die Perseverance-verkenningstuig op 30 Julie 2020 by Cape Canaveral in Florida in Amerika gelanseer is.

Van Zyl was baie opgewonde oor die rol wat die helikopter sal vertolk.

“As ons op Mars geland het, sal hulle die helikopter aflaai. Dan sal dit die eerste keer in die geskiedenis wees wat ons met ‘n helikopter of enige soort vliegtuig op ‘n ander planeet vlieg,” het hy destyds verduidelik.

Volgens Nasa het Perseverance Mars se dun atmosfeer aanvanklik met ’n hitteskild teen sowat 20 000 km/uur binnegedring.

’n Valskerm, asook ‘n beheerde landing het gehelp om die spoed na ‘n driekwart meter per sekonde te verminder, waarna ‘n tipe huiskraan die ruimtetuig tot op sy wiele laat afsak het.

Nasa verduidelik so ‘n landing op Mars is baie uitdagend.

“Net sowat 40% van sendings wat ooit deur enige ruimteagentskap na Mars onderneem is, was suksesvol. Perseverance is maar net die vyfde Nasa-tuig wat op dié planeet geland het,” volgens ‘n vorige mediaverklaring deur JPL.

Die Jezero-krater is net noord van Mars se ewenaar geleë en is sowat 45 km wyd. Nasa sê dit het vantevore ‘n meer gehuisves, wat wetenskaplikes meen is een van die ideale plekke om bewyse van antieke mikrobiese lewe te vind.

“Indien lewe op enige ander plek in ons sonnestelsel kon voorgekom het, is die kanse die beste dat dit in die Jezero-krater sal wees,” sê Nasa. - [email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

4 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

4 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

4 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

6 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

10 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

21 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

21 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...