Permutasies voor T20-trofee baas kry

11 October 2019 | Sport
Tielman van Lill - CCD Tigers, Krieket Namibië se verdedigende T20-premierligakampioen, sal eers tot kort voor môremiddag se begintyd moet wag om te weet teen wie hy in die semifinaal gaan opstap.

Die twee semifinale vind môrenamiddag by Wanderers en Affiespark in Pionierspark plaas.

Maar vroeër die oggend moet die laaste groepwedstryd tussen WHS Old Boys en MR24/7 Welwitschias eers by die veld van Windhoek Afrikaanse ­Privaatskool afgehandel word om te bepaal wie in die semifinale gaan speel (nr. 1 teen 4 en 2 teen 3).

Samsung FNB Wanderers, wat al vier sy groepwedstryde gemaklik gewen het, is tans met 16 ­ligapunte in die eerste posisie op die punteleer. Tweede is CCD Tigers (4 wedstryde, 2 gewen, 8 punte).

Tigers het 'n beter netto lopie­tempo van 1.69 teenoor Old Boys (drie gespeel, twee gewen, 8 punte) wat hom met 1.52 in die derde plek bevind.

Trustco United kon net een van sy vier botsings wen (4 punte, netto lopietempo -3.64) vir sy vierde posisie, gevolg deur die Welwitschias van die kus wat segeloos met nul laaste op die punteleer is.

Met ses van Old Boys se topspelers op nasionale diens in Dubai, kry die kusspan 'n ideale geleentheid om dalk ten minste een botsing in sy guns te swaai.

Die Welwitschias het net vir Ben Shikongo afgestaan, terwyl Old Boys sonder Gerhard Erasmus, Tangeni Lungameni, Zane Green, Christi Viljoen, Craig Williams en Zhivago Groenewald die bul by die horings pak.

Dit is gewis nie die ideaal om die T20-premierliga só af te sluit nie, maar vir die tweedespanspelers van Old Boys en die Wit Hingste is dit 'n kans om hul spel tot die vlak van die uitdaging te lig. Wanderers sal in sy semifinaal sonder Jan Frylinck, JJ Smit, Bernard Scholtz, Niko Davin, Karl Birkenstock en JP Kotzé moet klaarkom.

CCD Tigers kan dalk opnuut die titel opraap sonder dat Picky Ya France en Stephen Baard (by Eagles in Dubai) hul gebruiklike bydrae lewer, terwyl United op volsterkte gereed vir die naweek se T20-aksie sal wees.

Met twee van Tigers se lopiemasjiene afwesig, sal die druk groot op Joshuan Julius en Nicol Loftie-Eaton wees om weer 'n topkolfbeurt te lewer.

Vir Wanderers sal Wessel Myburgh gereed wees om in die afwesigheid van sy span se ysters weer 'n sleutelrol te speel. Hy was in die 2018-'19-seisoen Wanderes se voorste kolwer.

Die eindstryd word Sondagoggend vanaf negeuur by Wanderers gespeel en beloof om weereens toeskouers en spelers met hope aksie te bederf.

- [email protected]

Soortgelyk

 

COVID-19 in Namibia: Data round up 25 - 28...

43 minute gelede | Gesondheid

Current situation with official data by Thursday 28 May 2020 (showing changes since 24 May 2020) and prelimenary data announced this morning for yesterday.GENERAL INFORMATIONThe...

Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

3 ure gelede | Gesondheid

Namibië se 22ste bevestigde Covid-19-geval, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds aan 'n ventilator gekoppel. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste...

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 dag gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...