Pepkor: Druk op verbruikers bly kwaai

09 August 2019 | Sakenuus
Hanlie Stadler



Verbruikers bly te midde van hoë werkloosheid en ­stygende lewenskoste onder enorme druk, sê die kleinhandelreus Pepkor.

Die groep sê sy strategie om aan verbruikers “waarde teen billike pryse” te bied, pantser hom in 'n mate teen die uiters moeilike handelsomstandighede, maar hy verwag groot wisselvalligheid in sy inkomste in die afsienbare toekoms.

Die groep sê hy wen ook markaandeel in talle kategorieë.

Pepkor, die plaaslike filiaal en die kontantkoei van die beleërde Steinhoff-groep, het laatmiddag 'n handelsverklaring vir die nege maande tot einde Junie – die eerste nege maande van sy boekjaar – uitgereik.

Die groep sê sy inkomste in dié nege maande het met 8,5% tot R53,1 miljard gestyg in vergelyking met dieselfde nege maande van sy vorige boekjaar.

Veral in die derde kwartaal van sy boekjaar – die kwartaal tot einde Junie – het verkope sterk, met 11,7%, gegroei. Pepkor skryf dit toe aan Paasfees wat vanjaar in April geval het.

Nuwe takke van Pep en Acker­mans wat die afgelope jaar geopen het, het dié twee winkels se verkope met 6,7% laat opskiet. Winkels wat ook in ­dieselfde nege maande van die vorige boekjaar oop was (­vergelykbare verkope), het groei van 2,9% aangeteken.

Dit dui op die impak van die nuwe winkels, asook van gemiddelde prysstygings van 4,2%.Weens die sterker rand lyk Pep Africa, die winkels buite Suid-Afrika, se verkope 0,7% swakker in randwaarde.

In die geldeenhede waarin verkope verdien is, het verkope met 14,9% gestyg, en vergelykbare verkope met 11,4%. Die meeste lande het goed gevaar, maar dis afgerem deur Zimbabwe. 

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Boete van N$100 000 vir ivoorsmokkelaar

10 ure gelede | Misdaad

'n Mosambiekse ivoorsmokkelaar, Bangorogile Motsokwe, is verlede Woensdag tot 'n boete van N$100 000 of tronkstraf van vier jaar gevonnis. Hy is skuldig bevind aan...

Britte se stem vandag is maak of breek vir...

12 ure gelede | Internasionaal

Die algemene verkiesing vandag in Brittanje baan die weg vir Brexit om deurgevoer te word. Dít is as Boris Johnson, premier en leier van die...

Shack Dwellers, NHAG to build houses at Rupara

23 ure gelede | Infrastruktuur

RUNDU – The Shack Dwellers Federation of Namibia and the Namibia Housing Action Group (NHAG) are going to construct 32 houses at Rupara settlement in...

Ministerie skors dokter ná skokkende bevalling

23 ure gelede | Plaaslik

Henriette Lamprecht Die dokter wat aan diens was tydens 'n normale bevalling in die Windhoek Sentrale ­Hospitaal toe 'n babadogtertjie onthoof is, is met onmiddellike...

Water-erosie dalk oorsaak van grondskeur

23 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghDie skeur in die grond van sowat 20 km lank wat oos van Waterberg ná goeie reënneerslae verskyn het, is waarskynlik deur water-erosie veroorsaak....

Weer vir 12 Desember 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vyf damme nie meer dolleeg

23 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Vyf damme wat dolleeg was, het ná goeie neerslae verlede week water gekry. Dit beteken altesaam is daar nou 2,654 miljoen kubieke meter...

STEMFEITE: NOORDE EN NOORD-OOSTE

23 ure gelede | Politiek

Die infografiek wys in hoeveel van sy tradisionele vestings die regerende party 80%, 90% of meer van alle stemme verower het.

Moratorium op uitvoer van hout opgehef

23 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - Nagenoeg 100 000 stukke hout van bome wat wettig op plase in die twee Kavangostreke en Zambezi afgekap en opgesaag is, mag...