Peperment-yskastert
Peperment-yskastert

Peperment-yskastert

Lloyd Zandberg
Bestanddele:

3 x 250 ml-houers vars room

4 x 360 g-blikke karamelkondensmelk

3 x 150 g-plakke Peppermint Crisp

2 x 200 g-pakkies sjokoladementtennisbeskuitjies

Metode:

Klop die room tot sagte punte vorm. Wees net versigtig indien jy dit met ’n klitser klop dat dit nie botter raak nie. Gebruik ’n draadklitser en roer die karamel in ’n groot mengbak tot sag en glad – dis belangrik dat daar nie klonte in is nie. Rasper die sjokolade fyn op die growwe kant van jou rasper. Gebruik een pakkie koekies en pak ’n laag op die bodem van jou bak en maak ook ’n ry koekies reg rondom teen die bak se rand staan. Vou dan die room en die helfte van die sjokolade by die karamel in. Skep die helfte van die karamelmengsel bo-op die koekies. Pak dan nog ’n laag koekies op die vulsel en skep die res van die karamel bo-op. Strooi die oorblywende sjokolade oor en sit die tert oornag in die yskas.

Genoeg vir 10-12 mense

-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!