Peperduur Lenovo Yoga 720 tog moeite werd

Lenovo se reeks Yoga-skootrekenaars is almal veeldoelige toestelle.
Estelle de Bruyn
Petrus Malherbe - Elk van Lenovo se reeks Yoga-skootrekenaars is kragtig in eie reg, maar gebruikers kan lag-lag die skerm heeltemal ombuig en dit verander in ’n ewe kragtige tabletrekenaar.

Een van die Chinese tegnologievervaardiger se jongste modelle in die Yoga-reeks is die 720, ’n stewige toestel met heelparty indrukwekkende spesifikasies.

Afwerking, sleutelbord en raakskerm

Die metaalafwerking gee die rekenaar ’n duursame gevoel, maar dra ook ongelukkig by dat die toestel heelwat swaarder is as meeste skootrekenaars van dieselfde grootte.

Die Yoga 720 kom in twee groottes, die model van 13,3 duim en een van 15,6 duim. Die groter model weeg minstens 2 kg.

Albei modelle spog met ’n eindelose raakskerm wat beeld tot aan die uithoeke van die skerm wys. Die beeld is skerp en kleure vertoon helder, selfs in skerp sonlig.

Die sleutelbord word dramaties van onder belig, wat help dat jy akkuraat tik, selfs in ’n donker vertrek.

Elke sleutel voel stewig en is ver genoeg uitmekaar sodat jy nie per ongeluk die verkeerde een druk nie. Die rekenaar ontsluit ook danksy 'n vingerafdrukskandeerder op die sleutelbord, wat beteken jy hoef nie elke keer jou wagwoord in te tik nie.

Dit voel aanvanklik vreemd om jou rekenaar se skerm so ver te draai en dit breek nie.

Lenovo het heelwat metaal, spesifiek aluminium, in die Yoga 720 se raam ingespan.

Die feit dat die toestel van metaal gemaak is, maak dat jy met ’n geruste hart die skerm 360 grade agtertoe kan buig om die skootrekenaar in ’n tabletrekenaar te verander.

Dit voel aanvanklik vreemd om jou rekenaar se skerm so ver te draai en dit breek nie.

Dis lekker dat die toestel ook optel as die skerm omgebuig word. Die uitleg en apps pas daarby aan en vertoon in “tablet mode”.

Die raakskerm is verbasend akkuraat en werk net so gemaklik soos jou slimfoon s’n. Jy kan ook die raakskerm benut al is die toestel nie in “tablet mode” nie. Dis nogal lekker om deur verskillende webtuiste met jou vinger te kan blaai in plaas van die toestel se ingeboude muis te gebruik. Om te “vee” tussen verskillende vensters is ook heelwat makliker as om eers met die muis te navigeer na die hoek van die skerm om dit te verklein.

Foto’s vertoon skerp op die hoëdefinisieresolusie skerm, so ook video’s. Die ingeboude luidsprekers is ietwat van ’n teleurstelling met sy blikkerige klank, ten spyte van die feit dat die tegnologie deur die gesiene luidsprekermaatskappy JBL verskaf word. Dis dalk omdat die luidsprekers aan die onderkant van die rekenaar ingebou is. Die klank verbeter ietwat as jy die rekenaar so bietjie lig.

Verwerker, battery en hardeskyf

Hoewel die spesifikasies verskil van model tot model, het die toestel wat ek van Lenovo gekry het om te toets gespog met ’n indrukwekkende Intel Core i7-verwerker.

Die rekenaar het blitsvinnig aangeskakel en die aanvanklike verstellings, waardeur elke nuwe eienaar van ’n rekenaar maar moet gaan, het seepglad verloop. Danksy die rekenaar se 8 gigagrepe geheue het apps vinnig oopgemaak en sonder haakplekke gewerk.

Die rekenaar wat ek getoets het, beskik oor ’n 512 gigagreep soliede staat-hardeskyf (solid state drive), meer as genoeg stoorspasie vir moderne gebruikers wat in ieder geval die meeste van sy of haar dokumente, foto’s en flieks in die wolk stoor.

Daar is drie USB-poorte waarvan een USB 3.1 is. Dit kom met Windows 10 en die gepaardgaande standaard programmatuur (insluitende heelwat onnodige apps en tierlantyntjies wat mens liefs dadelik wil uitvee).

Nóg ’n indrukwekkende funksie van die Yoga 720 is sy battery.

Ná ’n hele dag van rondspeel op apps, op die internet rondswerf en selfs ’n paar video’s kyk was daar steeds batterykrag oor.

Die battery sal vinniger getap word indien meer gevorderde take, soos die speel van rekenaarspeletjies, daarop uitgeoefen word, maar nietemin is ’n batterylewe van minstens sewe uur baie indrukwekkend.

Prys en gevolgtrekking

’n Groot terugslag vir diegene wat gretig is om die Lenovo Yoga 720 aan te skaf, is sy stewige prys.

Die model wat ek getoets het verkoop teen R26 999 op Takealot wat dit haas onbekostigbaar maak vir die deursnit rekenaargebruiker wat net soek na ’n betroubare toestel vir alledaagse gebruik.

Dit sal moeilik wees om die Yoga 720 vir só ’n persoon aan te beveel aangesien daar heelwat goedkoper modelle op die mark is wat dalk nie so kragtig is soos die Yoga 720 nie, maar wat meer as genoeg sal voldoen aan alledaagse behoeftes.

Wat tot die Yoga 720 se redding kom, is sy besonderse helder, groot raakskerm en sy stewige bou. Die rekenaar voel asof dit ontwerp is om te hou.

So as jy een van daardie mense is wat bereid is om te belê in jou elektroniese toerusting beloof die Yoga 720 om jou vir jare gelukkig te hou. Dis ’n lekker bonus dat dit ’n skootrekenaar én ’n tablet is, so in ieder geval bespaar jy op een van die twee. Netwerk24

KASSIE:

Moet ek koop of nie?

Positiewe eienskappe

Metaal afwerking en stewige ontwerp

Groot, helder raakskerm

Lang batterylewe

Vinnige verwerkingspoed

Negatiewe eienskappe

Baie duur

Baie swaar

Luidsprekers lewer blikkerige klank

Hardeskyf kan te min stoorspasie bied vir sommige gebruikers

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.35/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 802.50/T DOWN -1.11% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 911.57/OZ DOWN -0.0102 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.35/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 802.50/T DOWN -1.11% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 911.57/OZ DOWN -0.0102