Pensioene vandag beskikbaar
Begunstigdes van maatskaplike toelae, wat dit deur NamPost en hul onderskeie banke ontvang, se geld sal vandeesweek reeds inbetaal wees.
Die ministerie van armoedeverligting en maatskaplike welsyn sê in ’n verklaring ’n tegniese probleem is opgelos wat dit vertraag het. Kliënte van NamPost sou dit gister reeds kon afhaal, terwyl dié wat dit deur hul onderskeie banke ontvang, dit vandag sal kan doen.
Die ministerie het intussen verskoning gevra vir enige ongerief wat die laat betalings veroorsaak het en begunstigdes versoek om te verseker alle maatskaplike toelae word vir hulle en hul afhanklikes se welsyn gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie