Pensioenaris borgtog geweier in verkragtingsaak

10 August 2020 | Misdaad
Adolf Kaure
’n Swakopmundse pensioenaris, mnr. Desmond Derrick Fick (61), het Donderdag in dié kusdorp se landdroshof verskyn nadat ’n klag van poging tot verkragting en onsedelike aanranding van ’n 18-jarige vrou teen hom aanhangig gemaak is.
Dit ná die staat, wat deur aanklaer Cleopatra Boois verteenwoordig is, die beskuldigde se borgtog teengestaan het.
“Dit is weens die erns van die oortreding waarvan die beskuldigde aangekla word. Verder sal dit nie in die belang van geregtigheid of openbare belang wees om borgtog aan die beskuldigde toe te staan nie.”
“Die vrees is ook daar dat die beskuldigde weet waar van die hoofgetuies in dié saak woon. Om hierdie rede staan die staat borgtog teen,” het Boois gesê.
Volgens NamPol se plaaslike koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adjunk-kommissaris Erastus Iikuyu, het die beweerde poging tot verkragting en onsedelike aanranding vroeër vanjaar in 'n huis in Ocean View op Swakopmund plaasgevind.
“Na bewering het die verdagte die slagoffer na sy huis gelok met die belofte dat hy haar modelwerk wil aanbied. Hy het toe haar borste en geslagsdele betas en haar gesoen.”
“Hy het glo haar broekie sonder haar toestemming verwyder en kaalfoto’s van die slagoffer geneem onder die voorwendsel dat sy besig met ‘n fotosessie vir modelwerk is,” het Iikuyu gesê.
Landdros Paula Nelao Brown het borgtog geweier.
Fick se regsverteenwoordiger, mnr. Ray Rukoro, het aan die hof gesê die beskuldigde sal ’n formele borgtogaansoek indien.
Die saak is tot 29 September uitgestel vir verdere ondersoek.
Die beskuldigde is tans in aanhouding by die Swakopmund-polisieselle. [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
17 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
17 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
17 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
17 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
17 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
17 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
17 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
17 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies