Pendeldienste onder die loep

Wetsontwerp goedgekeur

12 February 2020 | Arbeid
Augetto Graig



Die verskaffers van pendeldienste tussen veral die hoofstad en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se griewe sal voortaan deur die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) verteenwoordig word.

Volgens mnr. Werner Januarie, die vakbond se president, word ­kwessies wat dié groep verskaffers raak, nie ­geredelik aangehoor nie.

In 'n brief aan die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, en die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, lig Januarie pendeldiensverskaffers se besware uit.

“Daar is buitelanders wat hierdie diens onwettig verskaf. Die koste vir wettige operateurs om die diens te verskaf, is te hoog. Daar is tans geen beheer oor die aangewese perseel vir pendeldiensverskaffers by die lughawe nie, dus sien ons 'n toename in buitelandse drywers wat hul private voertuie gebruik en nie eens aansoek om permitte doen nie,” sê hy.

Volgens Januarie maak ­buitelandse drywers hulle aan onprofessionele gedrag skuldig, soos om kliënte of hul bagasie “te gryp”, wat 'n swak indruk van die land skep.

“Só beroof hulle die wetlik geregi­streerde operateurs van 'n ­behoorlike bestaan, terwyl hulle nie aan al die vereistes voldoen om hierdie dienste wettig te verskaf nie,” sê hy.

Volgens hom beskik dié buitelanders nie oor werkspermitte nie, wat Namibiërs van werksgeleenthede ontneem.

Januarie sê wettige operateurs het polisiebeamptes by die ­padblokkade op die lughawepad van ­onwettige opera­teurs se lisensienommers verskaf, “maar die polisie het versuim om op te tree”.

Redes hiervoor is volgens hom ­korrupsie en omkopery.

Januarie sê operateurs wat wettig geregistreer is, word nie teen onregverdige mededinging beskerm nie.

“Derhalwe sien ons nie hoekom ons met die betaling van fooie moet voortgaan nie. Ander operateurs lewer dieselfde dienste sonder operateurs­permitte of registrasie by die toerisme­raad,” sê hy.

In die brief lig Januarie ook die kwessie van sewesitplekvoertuie vir langafstand- openbare vervoer uit.

Hy sê Mutorwa se stellings is teen­strydig – enersyds moet permit­houers hul permitte laat hersien, en andersyds kan hulle met dienslewering voortgaan.

Volgens Januarie kom dit op diskriminasie neer as die minister toelaat dat sekere diensleweraars voortgaan, terwyl ander se aansoeke om soort­gelyk permitte nie eens oorweeg word nie. Dié kwessies en verskeie ander in Namibië se openbare vervoerbedryf kan volgens hom opgeklaar word deur die verouderde padver­voerwet met nuwe wetgewing te vervang.

Januarie wou weet wanneer die ­minister dié nuwe wet voor die parle­ment ter tafel sal lê.

Die kabinet het die ­wetsontwerp op Namibië se nuwe openbare ­passasiervervoerwet verlede week tydens sy eerste sitting vir 2020 goedgekeur.– [email protected]

Soortgelyk

 

Air Namibia hervat op 28 Oktober vlugte na SA

6 ure gelede | Vervoer

Die nasionale redery het vanmiddag aangekondig hy hervat op 28 Oktober vlugte vanaf Windhoek na Johannesburg en Kaapstad.Die redery sal nie soos in die verlede...

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

7 ure gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

11 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

23 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

23 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

23 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...