Pendelaars op Oshakati gestrand

NAMPA
Honderde mense wat uit die noordelike streke suidwaarts moet reis, was Sondag weens 'n tekort aan vervoer op Oshakati gestrand.

Die mense, van wie baie veronderstel was om gister weer te begin werk, het by die Okatana-vulstasie en die nuwe Aupa Indongo-buitelugmark op Oshakati saamgedrom in die hoop om plek in 'n voertuig te kry, selfs al is dit privaat.

Sommige van die pendelaars met wie Nampa gepraat het, was gefrustreerd en het gesê hulle is erg verontrief aangesien hulle moet terugkeer na die kus of ander dorpe langs die B1-roete.

"Ons kry nie betyds vervoer na die bestemmings waar ons wil wees nie, aangesien die beskikbare langafstandbusse en minibusse nie mense wil oplaai wat korter afstande reis soos na Otjiwarongo of Tsumeb nie," het een gesê.

“Die wat wel toegelaat word om korter afstande te reis, moet N$350 betaal - wat net soveel kos om tot in Windhoek saam te ry," het sy gesê.

Die sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxivereniging (Napta), mnr. Pendapala Nakathingo, het by navraag gesê hy kan nie beloof dat die gestrande pendelaars gou genoeg bystand sal kry sodat hulle betyds terug kan wees by die werk nie.

"Dit wil lyk asof daar nie hoop is nie en niks vir hulle gedoen kan word nie."

Nakathingo het pendelaars verseker Nabta is besig om die openbarevervoerbedryf te herorganiseer sodat die vereniging op die hoogte is van hoeveel langafstandbusse op bepaalde roetes diens doen. Ook om reëlings te tref sodat pendelaars aan die begin van die jaar betyds opgelaai word om terug te keer na hul wonings en werk. - Nampa.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!