Pence probeer koala-diplomasie

NAMPA
Amerika se visepresident, Mike Pence, het gister in die skaduwee van 'n bloekomboom in Sydney se Taronga-dieretuin gehurk waar Penny, 'n rooi kangaroe, 'n middagslapie geniet het, en haar agter die ore gekrap voordat sy lui-lui op haar rug gerol het.

“Dit is my gewone posisie op 'n Sondagmiddag,” het Pence gesê terwyl 'n bank kameras gekliek het en nóg 'n perfekte oomblik van sy familie se besoek aan Australië vasgevang het.

Pence, sy vrou, Karen, en hul twee volwasse dogters, Charlotte en Audrey, het sommige van Sydney se toeriste-aantreklikhede besoek. Pence het tyd aan sagte diplomasie bestee op die laaste been van sy tien dag lange Asiatiese toer wat ryk aan simboliek oor verbeterde Amerikaanse ekonomiese bande en veiligheid­samewerking was.

Karen Pence, wat vroeër ambassadepersoneel en hul families bekoor het met haar uitspraak van “G'day”, het 'n handvol sigorei na Widji, 'n emoe, uitgehou wat dadelik daaraan begin pik het.

Pence is die eerste senior lid van pres. Donald Trump se administrasie om na Australië te reis. Die besoek het nuwe klem op die goeie betrekkinge­ tussen die lande geplaas ná 'n bitter telefoniese gesprek oor vlugtelinge vroeg in Trump se termyn met die Australiese eerste minister, Malcolm Turnbull. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!