PDM wysig ook sý grondwet
'n Week nadat Swapo vergader het om sy grondwet te verander, het die amptelike opposisie dieselfde pad geloop.
Denver Kisting
Mnr. McHenry Venaani, die president van die amptelike opposisie, sê hy is beskikbaar om in Maart opnuut die Popular Democratic Movement (PDM) te lei.
Dít kom nadat dié party die afgelope naweek sy grondwet verander het om te verseker hy kan eerskomende Maart stembus toe gaan. Tydens hierdie verkiesing sal die ses lede van die uitvoerende komitee, asook 40 sentrale komiteelede verkies word.
Hul termyn het onlangs ten einde geloop en is tot Maart se verkiesing hernu.
Venaani het gistermiddag in sy parlementêre kantoor aan Republikein gesê hy is herkiesbaar as president van die party in aanloop tot volgende jaar se nasionale en presidensiële verkiesing.
By die opening van die buitengewone kongres aan die buitewyke van die hoofstad Saterdag het Venaani gesê die regering skrik nou eers wakker oor die omvang van die krisis in informele nedersettings.
Hy sê toe hy in 2013 in 'n sinkhuis gaan slaap het, het hy reeds 'n sein aan diegene aan bewind van die land oor die haglike omstandighede in dié areas uitgestuur.
“Die stedelike armes in informele gebiede is die mees verwaarloosde inwoners in hedendaagse Namibië, en daar is 'n gebrek aan wilskrag om hulle uit armoede uit te lig.”
Dit gaan sy verstand te bowe, sê Venaani, dat die regering meer as N$1,6 miljard aan 'n halfopgerigte gebou van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie bestee het, terwyl die armes nie eens oor die mees basiese geriewe beskik nie.
Dié miljarde kon eerder aan sanitasiegeriewe en behuising vir Windhoek se stedelike armes bestee gewees het, sê hy.
“Hoe op aarde ervaar ons dat Namibiërs weens aanmeldbare siektes soos hepatitis E sterf? Is dit nie 'n duidelike teken van die verwaarlosing van die armes se behoeftes nie?”
Die twee dae lange buitengewone kongres by Döbra het Sondag ten einde geloop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie