PDM vra Hanse-Himarwa se bedanking

Amptelike opposisie ontevrede

12 January 2018 | Politiek
Die Popular Democratic Movement (PDM) is diep ontevrede met 2017 se eksamenuitslae van sowel die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSC) as die Junior Sekondêre Sertifikaat (JSC).

In 'n verklaring sê mnr. Nico Smit, PDM-parlementslid, ongeveer 27 000 voormalige graad 10-leerlinge en 13 399 voormalige graad 12-leerlinge het nie geslaag nie, wat beteken meer as 50 000 jong Namibiërs is deur die staat se onderwysstelsel in die steek gelaat.

Hulle staar nou beperkte vooruitsigte vir 'n behoorlike toekoms in die gesig.

“Verlede jaar het die ministerie van finansies N$11,97 miljard aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur toegeken, wat 'n verbetering van minder as 3% in die NSSC-uitslae kon bewerkstellig.

“Dit is 'n verwerplike opbrengs op 'n belegging en 'n mens kan nie help om die doeltreffendheid en gehalte van die openbare onderwysstelsel in sy geheel, en die bevoegdheid van die leierskap op die hoogste vlak van die onderwysstelsel, te bevraagteken nie.

“Die feit dat die ministerie nie sy desperate lae teiken van 45% vir toelating tot tersiêre onderwysinstansies kon behaal nie, is 'n getuigskrif van die feit dat die polities aangestelde leierskap by die onderwysministerie hopeloos onbevoeg is,” sê die PDM.

Die amptelike opposisieparty wil weet watter, indien enige, planne die Swapo-regering vir die 13 399 voormalige graad 12-leerlinge het wat nie verder kan studeer nie. Sonder hulp sal hulle haweloos in die strate van Namibië gelaat word, sê die PDM.

Die party vra ook wat gedoen word om leerlinge wat graad 10 moet herhaal, te akkommodeer omdat die meerderheid leerlinge wat in 2017 aan Namcol studeer het ook nie geslaag het nie.

“Ons verwag geen planne is ontwikkel nie omdat alle oë en denke op 2017 se Swapo-kongres en die politieke oorlewing van die party se leierskap gefokus was.

“Die PDM vind die onderwysminister, me. Katrina Hanse-Himarwa, se opmerkings oor die NSSC-uitslae skokkend en 'n bron van kommer. Om 'n beroep op leerlinge te doen om hard te werk en eksamens deur te kom, dui op 'n skokkende wanbegrip aan haar kant van die faktore wat 'n impak op die welslae of mislukking van onderwys het.”

Vir die PDM kom dit as geen verrassing nie dat Hanse-Himarwa weer probeer het om die blaam na enigiemand behalwe haarself te verskuif vir die nasionale teikens wat nie behaal is nie. “Dit is die tipiese modus operandi van die Swapo-leierskap. Volgens ons is Hanse-Himarwa 'n baken van onbevoegdheid.

“Ons stem egter met haar saam dat dit hoog tyd is 'om te begin wegbeweeg van middelmatigheid, lae prestasie, luiheid en 'n visielose benadering'. Ons doen gevolglik 'n beroep op me. Hanse-Himarwa om die eerbare ding te doen en te bedank.”

Die PDM vind dit vreemd dat ondanks die “skou­spelagtige mislukkings” van die ministerie en die “uiterste chaos wat die openbare onderwyssektor karakteriseer” Hanse-Himarwa voortgaan om die vertroue van pres. Hage Geingob te geniet.

“Die enigste gevolgtrekking is dat Hanse-Himarwa meer vir Geingob as 'n politieke luitenant as minister van onderwys, kuns en kultuur werd is. Die PDM is dus van mening dat Geingob self aanspreeklik gehou moet word omdat hy partypolitiek bo die onderwys van die Namibiese nasie stel.

“Die patetiese prestasie van die onderwysministerie, jaar na jaar, het Namibië op 'n onvolhoubare trajek geplaas. Hoe kan verwag word om die doelwitte van Visie 2030 en die ontwikkeling van 'n kennisgebaseerde samelewing te verwesenlik, wanneer die ministerie van onderwys meer mislukkings as enigiets anders het?”

Die voorspoed van Namibië en sy mense is volgens die PDM in ernstige gevaar as Swapo nie hierdie probleem die hoof bied nie.

Soortgelyk

 

Resessie klou verbete

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

8 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

8 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

8 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

8 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

8 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...

Standvastig en dapper

8 ure gelede | Mense

Jemima BeukesHuldeblyke stroom in vir die vryheidsveteraan mnr. Petrus Iilonga wat Dinsdagaand op 71-jarige ouderdom gesterf het. Iilonga was 'n voormalige vakbonds­man en politieke gevangene...

Gemeenskap van Okahandja eis antwoorde

8 ure gelede | Regering

Gemeenskapslede van Okahandja het tydens 'n vergadering hul misnoeë met die dorp se huidige bestuur uitgespreek. Mnr. Petrus Gariseb, 'n gemeen­skapsaktivis, het onder andere vir...