PDM vaar uit teen polisie

Mag glo onbevoeg

12 September 2018 | Politiek
Denver Kisting – Die amptelike opposisie is van mening Avihe Cheryl Ujaha (9) se dood moes verhoed gewees het.

Die Popular Democratic Movement (PDM) het Maandag by monde van sy tesourier-generaal, mnr. Nico Smit, skerp te velde getrek teen die beweerde onbevoegdheid van die polisie.

Volgens Smit is hulle woedend oor Avihe se tragiese dood, wat syns insiens ’n aanduiding is van hoe onbevoeg die Namibiese polisie is.

Dié gr.3-meisietjie se erg verminkte lykie is twee weke gelede in ’n rivierloop in Windhoek ontdek.

“Wat die onbevoegdheid en die gewoon gebrek aan vaardighede van die polisie betref, is die PDM oortuig daar is geen goed opgeleide en bevoegde speurders in die mag om sake op te los wat regte ondersoeke vereis nie,” sê Smit.

Hy sê ondanks ’n goed toegeruste forensiese afdeling, help dít niks as daar geen speurders is met genoeg energie, deursettingsvermoë én vaardighede om forensiese inligting sinvol vir ondersoeke te gebruik nie.

Smit sê die polisie kon tot vandag toe nog geen noemenswaardige terugvoering gee oor ’n moontlike reeksmoordenaar wat etlike jare gelede in die land amok gesaai het nie.

Hy het tydens ’n nuuskonferensie in die hoofstad bygevoeg: “Die feit dat die polisie blyk te dink hul énigste werk is om die publiek te vra om inligting te verskaf wat tot ’n inhegtenisneming sal lei – terwyl dít hul laaste uitweg moet wees – beteken dat dié saak waarskynlik binne ’n paar maande by die lys van onopgeloste moorde gevoeg sal word.

“Dit is hul werk om élke misdaad te ondersoek en nie net om die verantwoordelikheid na die publiek toe te skuif nie,” sê Smit.

Dit lyk vir die PDM of die polisie net misdadigers kan aankeer wat hulle op heterdaad betrap, sê hy.

Volgens hom het die tyd aangebreek vir drastiese optrede om die veiligheid van veral vroue in die land te verseker.

Smit sê hy beoog om die minister van veiligheid en sekuriteit, gen.maj. (afgetree) Charles Namoloh, in die Nasionale Vergadering (NV) te vra oor die stand van die land se speurders se vaardighede.

Die NV het gistermiddag hervat.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het by navraag gesê hulle beskou Smit se opmerkings as ’n politieke verklaring.

Derhalwe moet dit op ’n politieke front besleg word.

Sy het opnuut gister lede van die publiek versoek om die polisie te help om Avihe se moordenaar(s) te help vastrek.

Die beloning vir inligting wat tot ’n inhegtenisneming en vervolging sal lei, beloop tans N$100 000.

Soortgelyk

 

||Kharas gaan bibber

7 ure gelede | Omgewing

Die Namibiese weerkantoor voorspel reënbuie asook winderige toestande vir Namibië se verre Suide, terwyl dit teen Woensdag “baie koud” op plekke in die ||Kharasstreek kan...

Burgstraat na wyle dr. Theo-Ben Gurirab vernoem

8 ure gelede | Plaaslik

Burgstraat in Windhoek staan sedert Sondag as dr. Theo-Ben Gurirab bekend. Volgens die hoofstad se burgemeester, mnr. Muesee Kasapua het die stadsvaders ‘n herbenamingsbeleid aanvaar...

Regering laat val nuwe 2%-bom

22 ure gelede | Regering

Denver KistingNamibiërs vaar opnuut uit alle oorde uit teen die regering se versoek om finansiële hulp.Dit het die afgelope Vrydag rugbaar geword die regering wil...

Evangelis pleit bloed oor Namibië

22 ure gelede | Plaaslik

Denver KistingDit is weens die juk van sonde dat Namibië stoei met dwelms, passiemoorde, alkoholmisbruik en selfs uitdagings in die onderwyssektor beleef.So sê die Ghanese...

'Vriende van Katrina' staan bakhand

22 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting - Om by te dra tot Katrina Hanse-Himarwa se regskoste en ander uitgawes, is niks anders as om korrupsie te steun nie. Dít was gister die mening...

Kombat-kwessie sloer

22 ure gelede | Byvoegsels

Augetto Graig - “Hulle sê daar is ? eienaar van Kombat, maar hy doen niks oor ons probleme nie. “Niks word op Kombat onderhou nie....

Toeristetoring

22 ure gelede | Byvoegsels

Die ikoniese De Wet-skag, hysbakkamer en ystertoring wat jare lank ‘n baken op Tsumeb is, gaan dalk in ‘n toeriste-trekpleister omskep word. Lees die berig...

Weer, Maandag 22 Julie 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle.GETYE BY WALVISBAAI: H: 06:26 L: 12:19 H: 18:56WINDHOEK06°26°RUNDU09°27°OSHAKATI12°29°GOBABIS06°26°MARIENTAL08°25°KEETMANSHOOP10°24°WALVISBAAI09°24°LUANDA19°26°JOHANNESBURG04°16°KAAPSTAD10°19°

Riruako se grafsteen onthul

22 ure gelede | Plaaslik

Opperhoof Vekuii Rukoro van die Ovaherero’s het gister tydens die jaarlikse herdenking van Rooivlagdag die grafsteen van sy voorganger, opperhoof Kuaima Riruako, op Okahandja onthul....