PDM: Teenstrydighede in NV
PDM: Teenstrydighede in NV

PDM: Teenstrydighede in NV

Onlangse gebeure in die Nasionale Vergadering stem die PDM tot kommer.
Estelle de Bruyn
Die Popular Democratic Movement (PDM) het sy diepe kommer uitgespreek oor die wyse waarop sake in die Nasionale Vergadering (NV) verloop.

Volgens ‘n verklaring deur die voorsitter van die party en hoofsweep van die PDM in die NV, me. Jennifer van den Heever, is dit veral opmerklik wanneer kwessies rakende grond ter sprake kom.

“Ondanks die Nasionale Vergadering se vroeëre posisie dat kwessies rakende grond teruggehou moet word tot ná die Tweede Nasionale Grondkonferensie, is twee wetsontwerpe met regstreekse grondbelange tydens die huidige sitting na die Huis gebring. Die eerste was die wysigingswetsontwerp op grondbelasting en die tweede die wetsontwerp op stedelike en streeksbeplanning.

“Vir die speaker om te sê die wetsontwerp op stedelike en streeksbeplanning het nie op grondsake betrekking nie, is ten beste teenstrydig met die ooreengekome beginsel en in die slegste scenario wys dit sy vooroordeel,” sê Van den Heever.

Volgens die PDM is dit onaanvaarbaar vir die NV om in beginsel ooreen te gekom het om die wetsontwerp op grond te onttrek op grond daarvan dat dit ná die Tweede Nasionale Grondkonferensie bespreek moet word. Hierbenewens het die Swapo-koukus ‘n mosie deur mnr. Usutuaije Maamberua van Swanu uitgestem wat opnuut ondersoek na die hervestigingsprogram wou instel, op grond daarvan dat dit tot ná die Tweede Nasionale Grondkonferensie moet wag.

Dan word die Huis uit die bloute uit gekonfronteer met grondkwessies in wetsontwerpe, sê Van den Heever.

“Terwyl ons nie ontken en ook nie ten volle aanvaar dat in ‘n parlementêre demokrasie die wil van die meerderheid altyd sal wen nie, verwag ons dat die meerderheid dieselfde dringendheid en belangrikheid van die tweede grondkonferensie besef.

“Die amptelike opposisie het geen probleem met die inhoud van die wetsontwerp op stedelike en streeksbeplanning nie. Ons is egter van mening dat die kultuur waar debatvoering onderdruk word wanneer dit gerieflik vir sommiges is, en dan kritiese wetgewing oor hierdie einste onderwerpe deur die NV te stoomroller, die integriteit van die wetgewende proses verswak en in die gedrang bring.

“Dit is om hierdie redes dat ons, die PDM, die RDP en Swanu teenkanting teen die wetsontswerp uitgespreek het.

“Grond is ‘n belangrike en emosionele kwessie in Namibië. Dit is ‘n kwessie wat die hoof gebied moet word, deur na al die dimensies daarvan te kyk en nie los-en-vas na daardie aspekte wat vir sommige gerieflik is nie," sê Van den Heever.

Die NV het verlede week Woensdag in reses gegaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!