PDM spoel mond uit oor nuwe kurrikulum

‘Leerders die uiteindelike verloorders’

20 January 2020 | Onderwys
Gesub

Elvira Hattingh - Die Popular Democratic Movement (PDM) meen die ministerie van onderwys se gebrek aan vooruitbeplanning en onvermoë om die nuwe kurrikulum vir hoërskole te implementeer, het bygedra tot “die chaos in skole en onder leerders aan die begin van die nuwe skooljaar.”

Die PDM het verlede week Donderdag ‘n persverklaring uitgereik waarin dit sy ontevredenheid uitspreek oor die instelling van die nuwe kurrikulum. Die party meen dat dit verlede jaar se graad-10 leerders kan benadeel.

Die party se tesourier-generaal, mnr. Nico Smit, meen diegene wat vir beplanning in die ministerie verantwoordelik is, was “blatant kortsigtig” terwyl enige onderwyser op die slaggate in die voorgestelde implementering van die nuwe kurrikulum kon dui. “Baie onderwysers het dit ook gedoen,” het Smit gesê.

Smit sê die ministerie was paniekerig toe woedende ouers en leerders hulle gekonfronteer het nadat hulle verneem het dat diegene wat hul graad 10-uitslae op 'n deeltydse basis met die ou kurrikulum verbeter het, kon terugkeer na voltydse skoolopleiding vir graad 11.

“Moet hierdie leerders hul graad 10-jaar met die nuwe kurrikulum herhaal? Dit kon hulle verlede jaar reeds gedoen het as hulle geweet het wat gaan gebeur?

“Hierdie verstommende en swak U-draai deur die ministerie as dit by bogenoemde kom dui op ‘n gebrek aan beplanning en toekomsvisie,” het Smit gesê en bygevoeg dat leerders uiteindelik die verloorders is.

“Daar word van diegene wat nie die eerste keer graad 10 met die ou kurrikulum kon slaag nie, verwag dat hulle graad 11 met die nuwe kurrikulum sal slaag. Nog meer, dat hulle selfs 'n C-simbool in vier vakke op gewone vlak moet kry as hulle graad 12 toe wil gaan.

“Dis ‘n raaisel hoe daar van skole verwag kan word om hulle te help én die leemtes in hul vakkennis te oorbrug,” het Smit gesê.

Die PDM sê met die nuwe kurrikulum word werk wat met die ou kurrikulum eers in graad 11 behandel is, nou reeds in graad 10 gedoen. Verder behels die nuwe kurrikulum dat werk wat aanvanklik eers in graad 12 behandel is, nou deel van die graad-11 leerplan vorm.

Die PDM meen as 50 leerders graad-10 by 'n “hoogs funksionerende skool soos WHS druip”, kan hulle net wonder wat die slaagsyfer by ander skole was wat nie dié voordeel het nie.

Die PDM meen dit is onverklaarbaar waarom die ministerie skielik besluit het om die ou kurrikulum in 2018 opsy te skuif, wat daartoe gelei het dat duisende graad 10’s gedruip het. Smit sê die nuwe kurrikulum was die breinkind van die voormalige onderwysminister dr. David Namwandi en is reeds in 2015 vir primêre skole ingestel.

Smit sê die ministerie van onderwys se adjunkminister, me. Anna Nghipondoka, en die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, was vaag toe hulle gesê het hulle “hoop om hul begroting te bestee aan die bou van nuwe klaskamers” en dat “graad 10-leerders kan terugkeer skool toe as daar plek is vir hulle.”

“Wat beteken dit? 50 leerders in 'n klas? Wie sal hieroor besluit en op watter basis?”

“Dit is algemeen bekend dat baie onderwysers opleiding vir die nuwe kurrikulum benodig,” het Smit gesê.

Die PDM is verder bekommerd oor die tekort aan onderwysers.

“Steenkamp sê hulle hoop om vanjaar meer onderwysers aan te stel. Daar is altesaam 404 onderwysers nodig en die skooljaar het reeds op 15 Januarie begin.

Smit meen die ministerie van onderwys is meer besorg daaroor om vir die regering geld te bespaar as wat hulle oor die welstand van skoolkinders bekommerd is.

“Die ministerie kan of wil nie in eenvoudige terme verduidelik hoe die verlating van skool ná graad 11 die Namibiese kind sal bevoordeel nie.” – [email protected]

Soortgelyk

 

Nuwe Psemas-kontrak (weer) uitgestel

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Die staat se mediese fonds (Psemas) se nuwe kontrak met gesondheidsdiensverskaffers wat reeds sedert 2017 sloer, is weer uitgestel, die keer tot...

Beeste uit Botswana vul tekort aan

8 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18...

Boer skiet glo 'mieliedief'

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Boer van Tsumeb het Maandag op ‘n klag van poging tot moord in die landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n vermeende...

Weer, Woensdag 26 Februarie 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en baie warm weer sal in die Kunene-Wesstreek heers. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde,...

Samherji-werkers afgelê

8 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw – Sowat 210 werknemers van die vaartuie MV Saga en MV Geysir gaan aanstaande maand afgelê word. Die werknemers is vroeër vandeesmaand gestrand...

Posisioneer jouself betyds vir groter wins

8 ure gelede | Landbou

Christo du Plessis, Dierevoedingskundige: Feedmaster – In hierdie artikel kyk ons na die sleutelkwessies in rooivleisproduksie wat wins dryf, en hoe fosforaanvulling produsente se winsgewendheid...

N$14 miljoen vir kragprojek bewillig

8 ure gelede | Regering

Yandi du Plessis - ’n Sooispitseremonie vir die voorsiening van krag aan die Otjomuise- en Havana informele nedersettings het Vrydag in Otjomuise in die hoofstad...

Houthandel: Bewerings van vuilspel

8 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Die ministerie van landbou, water en bosbou het onlangs erken gevalle van onwettige houtoeste het wel plaasgevind sedert ’n moratorium op oeste...

Lesersfoto's 26 Februarie 2020

8 ure gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 26 Februarie 2020