PDM negatief oor 2017
PDM negatief oor 2017

PDM negatief oor 2017

Die leier van die amptelike opposisie sê die regering moet die nasie se behoeftes bo dié van Swapo stel.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Mnr. McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM), sê die manier waarop die regering bestuur word, is “glad nie volhoubaar nie” - nie net vir die toekoms nie, maar ook vir die hede.

In sy jaareindboodskap sê Venaani die afgradering van die Namibiese ekonomie deur internasionale agent­skappe deur die jaar bly kommerwekkend.

Hy sê die regering het in 2017 nie daarin geslaag om staatskuld, staatsuitgawes en die begrotingstekort in te perk nie.

Ook, sê hy, het die regering verdere skuld aangegaan deur programme van die staatsektor te finansier. Dit is 'n aanduiding dat die uitbreiding en verdieping van die belastingbasis nie suksesvol was nie.

Venaani het ook kommer uitgespreek oor die ineenstorting van die SME Bank, die feit dat die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) op die punt is om gesluit te word, en die feit dat die nasionale uitsaaier (NBC) sy personeel se bydraes tot hul mediese fonds gebruik het om salarisse te betaal.

Ook kommerwekkend, voeg hy by, is die feit dat die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) van sy topbestuur geskors het weens ondersoeke na beweerde bedrog.

“Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het wonderbaarlik nie deurbrake of inhegtenisnemings in korrupsiegevalle op hoë vlak gemaak nie, en om dit te vererger is die president van Namibië (Hage Geingob) van mening dat die direkteur van die ACC (mnr. Paulus Noa) goeie werk doen!” het Venaani gesê.



GEBREK AAN POLITIEKE WIL

Hy sê 2017 staan uit as 'n jaar waarin administratiewe en finansiële wanbestuur by staatsondernemings ontbloot is.

“Dié jaar is ook gekenmerk deur 'n totale gebrek aan die politieke wil om hierdie gevaarlike siekte aan te spreek,” voeg hy by.

Hy sê een ligpunt is die goeie reënval aan die einde van 2016 en die begin van dié jaar, wat 'n einde aan die verlammende droogte van die twee vorige jare beteken het en wat die landbousektor toegelaat het om tot 'n mate te herstel.

Venaani sê egter die regering het nie daarin geslaag om die landbousektor te moderniseer nie.

“Die PDM het in die verlede voortdurend gevra vir die modernisering van hierdie sektor. Ons doen dit steeds in die hoop dat die regering, in 'n tyd wat hulpbronne skaars is, die behoeftes van die nasie bo dié van Swapo sal stel,” het Venaani gesê.

Hy het die hoop uitgespreek dat pres. Hage Geingob en sy leierskap hulself sal toewy daaraan om die “verhewe beloftes” wat oor die jare gemaak is, na te kom en om inklusiewe ontwikkeling en voorspoed vir alle Namibiërs te bewerkstellig.

Venaani sê die regering moet die grondslag vir gesonde ekonomiese omstandighede vir werkskepping en vir die vermindering van armoede lê.

Hy sê die enigste manier om dít te doen, is deur middel van nuwe en proaktiewe maatreëls om die land se sosioëkonomiese en ontwikkelingsuitdagings aan te pak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!