Paz (op) vir die zombie op jou stoep

01 March 2018 | Rubrieke
“Jy moet onthou, Pa,” sê Hermanus Benjamin, “ons ‘show’ begin weer hierdie week.”

Wat beteken Minder-Dapperrerige-Daan moet voor die kassie aanmeld om na . . .

Zombies te kyk.

Nou, uit ons tyd onthou ek vir Superman veral (van spinnekoppe, skimme, gorillas en dies meer het ek nie so baie gehou nie), maar Clark Kent, selfs al was hy ’n joernalis, gaan ons nie uit hierdie ene red nie.

Baie verder as toentertyd terug het ook die Grieke, volgens die internet, in een of ander soort zombie-gestaltes geglo. Tot ons nou vandag met ons tienerseuns opgesaal sit, wat blykbaar baie meer van hierdie walking dead-gedaantes en hul gedoentes hou as van Tintin, Heidi en selfs Batman. Die C-biebies is jare lank al agter die rug.

Sugggg.

Maar kyk, uit elke aanslag, selfs ‘n zombiekaliptiese een, kan ‘n mens iets leer.

Volgens wat in Haïti oorvertel is, is mense wat lankal aan vandag se Marietta se “ander kant” was, wakker geskud met ‘n towerdoppie waarin daar onder meer blaasoppiegif was.

Erger as die hardste hout in hardehout waaraan jy kan dink!

Miskien kan ons van daardie magtige mampoer vir Antie Katrina en ons onderwysstelsel injaag, want op die oomblik rym die hele besigheid eerder met moertoe as kragmaak.

Wat moet ‘n skool met ‘n bose N$66 per leerling doen?

Baie ander ministeries, staatinstellings en openbare ondernemings bly alleen wankelend staande danksy daardie selfde doodsdop. Prost!

Wag nou – om’t onthalwe van ons “Namibiese Huis” . . .

Skuifel-skuifel met die lam hoepelbeen wat agterna sleep. “Grrimmmm, wrmmmm . . . ”

Neem u kop in die hande.

Mense so oud as 49 jaar kyk volgens statistiek die TV-reeks en dink miskien Rick, sy laaitie Carl (ek gaan nie die nuwe episode weggee nie), Daryl, sy oorle broeder Merle, Carol, sluwe Negan, Ezekiel, Jesus, die pastoor, Michonne met haar samoerai-swaard en die hele, onlysbare kaboedel van ander karakters is simbole van soos oral oor die wye wêreld, ook ons, onse mense en onse land.

Daai appels val nie ver van die universele boom nie. ‘n Halwe eeu (50 jaar) sedert Night of the Living Dead in bioskope gespeel het.

Frankenstein was ook maar net ‘n zombie in ‘n ander jas? Of klas.

Op universiteit sou desjare se “sluipers” ook zombies wees?

Soos met baie ander goed het almal verskillende name vir zombies.

Nee – dis nie gesertifiseerde psigopate nie. Ook hulle. Maar belangriker, die mompelende massa wat skouer aan skouer loop en sonder nadenke saam hoes en proes en na bewering dink en praat.

Gee hulle “kennnnnisssss”? Eerder as ‘n kopskoot.

Dalk sal party ouense en vrouense suid van die Gariep sê Jakop Zoema was ‘n zombie? Nou nie ons plek om in soewereine state se besigheid in te meng nie, maar Zoemzoempie – is dit ‘n regte kinderprogram wat ek uit my kinderdae onthou? – kon darem die kinders van somme leer.

En toe het Zoempie-kadoempie ten minste voorlopig aan die ander kant van Nkandla se muur geval. Die hofsaak, sonder al die zombies wat gevlug het, sal wys.

Sonder dat daar weer ‘n zombie op ons stoep beland . . .

Maar oppas vir die zombies op Namibiese grond.

“Paz”, in Spaans, beteken vrede . . .

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

9 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

9 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

9 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

9 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

9 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...