Pavlova met vars vrugte

09 March 2018 | Kuns en vermaak
Maklik en tog indrukwekkend, beslis ’n nagereg wat jou gaste sal laat lippe aflek.

Genoeg vir agt.

Jy benodig:

- 4 eierwitte by kamertemperatuur

- 1 k suiker

- 1 e mielieblom

- ’n paar druppels vanieljegeursel

- geklopte room

- ’n verskeidenheid bessies of ander vrugte van jou keuse (vir ’n tropiese pavlova, probeer mango, piesangs en grenadella)

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 135 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

2. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser in ’n skoon, droë bak – verkieslik glas of metaal (as die bak nie heeltemal skoon en droog is nie, sal die eierwitte nie behoorlik klits nie en sal jou pavlova induik in die middel). Sodra die eierwitte skuimerig raak, voeg die suiker ’n ¼ koppie op ’n slag by en klits deeglik.

3. Wanneer jy al die suiker bygevoeg het, hou aan klits op hoë spoed tot stywe punte vorm en die suiker opgelos het (skep ’n klein bietjie van die mengsel uit met ’n skoon, droë lepel en vryf dit tussen jou vingers om te bepaal of die suiker opgelos het).

4. Voeg die mielieblom en ’n paar druppels vanielje by en klits net tot gemeng, skraap die kante van die bak ook een keer af met ’n spatel.

5. Skep die meringue op die voorbereide bakplaat – jy kan met ’n potlood ’n ronde vorm van sowat 20 cm in deursnee op die bakpapier trek sodat jy ’n mooi, ronde pavlova kan hê. Gebruik ’n spatel of ’n slaplemmes om die kante van die meringue op te trek sodat jy ’n baie vlak inkeping in die middel skep. Dit sal help dat die pavlova sy vorm gedurende die bakproses behou. Moenie die pavlova groter as 20 cm in deursnee maak nie, dit lyk meer indrukwekkend as dit kleiner en hoër is.

6. Bak die pavlova sowat 80-90 minute (hou dop dat dit nie begin verbruin nie). ’n Groter gevaar is egter dat jy dit rou uit die oond haal, dan sal dit inmekaarsak en jy sal van voor af moet begin.

7. Wanneer die baktyd verby is, sit die oond af en maak die oonddeur op ’n skrefie oop. Laat die pavlova in die oond afkoel. Dit sal help dat dit sy vorm behou en ’n buitenste “dop” laat vorm wat die malvalekkeragtige tekstuur in die binnekant beskerm. Moenie bekommer as die meringue kraak nie, dit is normaal en dra by tot sy rustieke voorkoms.

8. Sodra die pavlova heeltemal afgekoel het (los dit vir minstens ’n paar uur, maar verkieslik oornag), verwyder dit versigtig uit die oond en glip dit van die bakpapier af op ’n opdienbord. Versier met die geklopte room en vars vrugte. Sit dadelik voor, anders word dit pap. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

1 dag gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

1 dag gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

1 dag gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...