Pauw skiet van die heup af

Die veelbekroonde ondersoekende joernalis Jacques Pauw is nie 'n man wat doekies omdraai nie.
Denver Kisting
Denver Kisting



Dwase raak korrup die oomblik wanneer mag in hul skoot beland.

Hierdie prentjie het Suid-Afrika se werklikheid geword toe oudpres. Jacob Zuma bykans 10 jaar gelede aan bewind gekom het van dié buurland, sê die skrywer en ondersoekende joernalis Jacques Pauw.

“En dit is presies wat gebeur het toe SA in Mei 2009 vir 'n onopgevoede dwaas gestem het. 'n Man wat omkoopgeld by sy finansiële raadgewer gekry het. 'n Man wat onbeskermde seks met die MIV-positiewe dogter van een van sy beste vriende gehad het.”

Dit was nie die volledige omvang van Zuma se uitdagings nie, het Pauw tydens 'n gala­dinee in Windhoek verlede week gesê.

“(Zuma is ook) 'n man wat nie sy eie finan­siële sake kon bestuur nie. 'n Man wat nie syfers kon verstaan nie; wat geen idee gehad het oor die ekonomie of die finansiële wêreld nie.”

Amper 'n dekade sedert Zuma die vierde demokraties verkose president van die buurland geword het, tel SA steeds die skerwe van dié skrikbewind op, sê Pauw.

“Nege jaar later, en ons tel steeds die lyke van sy nalatenskap van staatskaping op en ons blý onsself afvra: Hoe de hel kon dit in 'n grondwetlike demokrasie gebeur het waar ons regspleging koester en waar instellings bestaan om teen die misbruik van mag te waak?”

Pauw wil veral weet wáár honderde ANC-LP's was “toe ons land te koop was. Waar was die kabinet en (toe) adjunkpresident Cyril ­Ramaphosa toe Zuma 'n oudtronkbaas met geen belastingkennis aangestel het as die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomste­diens?”

Ramaphosa het sedertdien vir Zuma as die staatshoof van SA vervang.

Zuma staar tans strafregtelike vervolging in die gesig.



ERETOEKENNING

Pauw was verlede week die gasspreker tydens 'n fondsinsamelingsdinee van die Redakteurs­forum van Namibië (EFN).

Hy het tydens dieselfde geleentheid 'n ­eretoekenning vir sy uitmuntende bydrae tot ondersoekende joernalistiek op die vasteland van die veteraanjoernalis en oudredakteur van The Namibian, Gwen Lister, ontvang.

Pauw het reeds twee keer die CNN-Afrika­prys vir ondersoekende joernalistiek verower.

Hy het verlede jaar 'n blitsverkoper, The President's Keepers, geskryf, wat geskoei is op omvattende navorsing oor vermeende ­trawante en medepligtiges, wat glo vir Zuma sy mag help behou én uit die tronk gehou het.

Dié navorsing het hom in daardie stadium onder meer op 'n geheime sending na Oos-Europa geneem.

Dít het gekom nadat hy eintlik die joernalistieke tuig neergelê het en voltyds in die kombuis doenig wou wees.

“Ek was toe al 30 jaar lank 'n joernalis, en teen die einde van 2014 het ek besluit om my loopbaan te staak. Ek het gedink ek het bereik wat ek my voorgeneem het om te bereik. Ek het na die Wes-Kaap getrek, 'n restaurant gekoop en 'n bed-en-ontbyt, en ek het besluit om 'n sjef te word.”

Terwyl hy “vir 'n jaar of twee gelukkig aan die kook was, het iets buitengewoons in ­Desember 2015 gebeur”, vertel hy.

Dit het toe aan die lig gekom Zuma het vir mnr. Des van Rooyen as die Suid-Afrikaanse minister van finansies aangestel.

Van Rooyen was voorheen die bestuurder van 'n mislukte plaaslike owerheid, onthou Pauw.

Hy was vir twee dae en 'n naweek die minister gemoeid met finansies, waartydens die land miljarde verloor het, sê Pauw.

“Toe het die bewyse van staatskaping begin ontvou. (. . .) Terwyl ek besig was om waterblommetjiebredie en melktert te maak, is my land aan die Guptas verkoop.”

Wanneer die joernalistieke gogga gebyt het, súkkel mens om dit af te skud, sê hy.

“Ek het nog altyd gesê 'n voormalige joer­nalis is soos 'n gerehabiliteerde heroïen­verslaafde.

“Daai verlange, daai smagting bly in jou bloed. Toe ek dus daai oproep kry, was dit soos om 'n spuitnaald vol heroïen te ontvang. Ek het dit in my are ingepomp.”

In Rusland het hy 'n Suid-Afrikaanse ­advokaat ontmoet, wat deesdae klasgee in die regte aan 'n Russiese universiteit.

Volgens Pauw is daar al meer as 200 000 eksemplare van dié boek verkoop nadat hy Zuma se beweerde korrupte spoor gevat het.

Hy bevind hom tans midde in verskeie straf- en siviele gedinge oor die boek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.49/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.87/BBP UP +0.99% | Platinum US$ 914.94/OZ UP +1.42%