Patologie-werkers maak stem dik

Talle uitdagings

15 August 2019 | Gesondheid
Tanja Bause - Werknemers van die Namibiese Instituut vir Patologie (Nip) het gister hul misnoeë met die direkteure van die instituut se raad uitgespreek.

Dít deur ’n petisie aan die minister van gesondheid en maatskaplike dienste in Windhoek te oorhandig.

“Die Nip is bekend daarvoor dat hulle werkers vir onredelike tydperke en met volle salaris skors, terwyl hulle skaars hul kernaktiwiteite kan volhou.

“Die instituut beskik nie oor voldoende hulpbronne nie. Dit lei tot ‘n gebrek aan basiese, kritieke noodsaaklikhede en veroorsaak die risiko van geen of swak dienslewering,” lui die petisie.

Die Nip staar tans verskeie uitdagings in die gesig.

Daar is glo dikwels geen reaktanse in laboratoriums nie, toetse word gestaak, sommige toetse word na Suid-Afrika gestuur, derde partye soos onder meer die staat se pensioenfonds (GIPF), mediese fondse en belasting word dikwels nie betyds betaal nie, verskaffers word nie betaal nie, te veel geld word weens onafgehandelde dissiplinêre verhore aan prokureurs bestee, asook aan toelae.

Die maatskappysekretaris behartig onderhoude vir die pos van uitvoerende hoof en het glo versuim om die direkteursraad oor arbeidsverhoudinge en ’n spesifieke ooreenkoms van raad te bedien.

Die Nip en Napwu het op 9 November 2017 ’n ooreenkoms onderteken waarvolgens aanpassings vir die daarvolgende twee jaar gemaak sou moes word – onderskeidelik op 1 April 2018 en 1 April 2019.

“Volgens die ooreenkoms moes werkers se salarisse op 1 April met 10% aangepas word. Vervoertoelae sou met N$200 vir 2019-’20-typerk toeneem en behuising sou met 35% vir die 2019-’20-boekjaar aangepas word.”

Tydens die mees onlangse vergadering op 12 Julie 2019 is die unie deur die raad ingelig geen verhogings word vir vanjaar toegestaan nie.

Volgens die ontevrede werkers is dit ’n verbreking van die 2017-ooreenkoms.

“Die Nip betaal geskorste bestuurders se salarisse, asook die van waarnemende bestuurders en prokureurs.

“Raadslede word steeds betaal om op die raad te dien en tog word salarisse wat wettiglik beding is nie betaal nie,” sê die petisie voorts.

Soortgelyk

 

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

2 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...

PDM, ECN hof toe gesleep

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.Alle aanduidinge...