Paspoorte droog op

'Situasie word bestuur'

09 May 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht – Voorrade vir paspoortboekies is laag, maar die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is besig om die situasie te bestuur.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Etienne Maritz, het gister by navraag erken die boekies is min, maar dat die ministerie reeds planne beraam het om die situasie te bestuur.

“Vir ‘n persoon wat regtig ‘n paspoort nodig het, is maatreëls in plek om een uit te reik. Maatreëls is in plek om te verseker dat ons voortgeset paspoorte sal kan uitreik,” het Maritz gesê.

Volgens hom is daar voorsiening in die ministerie se kontrak met die verskaffers in Duitsland gemaak vir ‘n “dringende gedeeltelike aflewering”.

“Ons is nou besig om hieroor te onderhandel.”

Maritz het voorts beklemtoon voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat dringend ‘n paspoort nodig het.

“Daar is genoeg voorraad sou mense dringend ‘n paspoort nodig hê. Beamptes sal ook bepaal of ‘n persoon net ‘n paspoort vervang of hernu en of dit werklik dringend is."

Hy het die publiek gemaan om “geduldig” te wees en namens die ministerie verskoning vir enige vertragings gevra.

Maritz het nie enige redes verskaf vir die feit dat die aflewering van boekies vertraag is nie.

Intussen het sommige lesers laat weet reisplanne moes noodgedwonge laat vaar word, terwyl die wagtydperk van die normale drie dae nou ook al verby ses weke strek.

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

1 uur gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

17 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

17 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

17 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

17 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

17 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...