Pasop vir dié vals stromingsdiens

Movie Tweak het meer as 30 000 volgelinge op Facebook, maar die webwerf is net 'n skerm vir 'n bedrogspul.
Petrus Malherbe - Ligloop vir 'n nuwe slenter wat die ronde doen. 'n Facebook-plasing van die flieknuusblad Movie Tweak maak tans melding van 'n “nuwe webwerf” wat “miljoene Netflix-gebruikers” wegrokkel omdat dit so fantasties is.

Movie Tweak het meer as 30 000 volgelinge op Facebook, maar die webwerf is net 'n skerm vir 'n bedrogspul wat mense se kredietkaartbesonderhede in die hande probeer kry.

In die Facebook-plasing, nogal in perfekte Afrikaans ook, spog Movie Tweak die nuwe webwerf bied “tonne nuwe flieks en TV-programme” en dat dit “maklik op enige toestel” werk. Daar word ook aangedui dat die blad geborg is.

Sodra jy op die meegaande skakel klik, word jy herlei na 'n ­Afrikaanse nuusartikel deur 'n ene Ross Green waarin beweer word Netflix het “volgens party berigte” vandeesmaand miljoene van sy gebruikers verloor wat stroom na 'n nuwe webwerf, bekend as Silverscreen.

“Met byna 'n onbeperkte keuse van HD-flieks en TV-reekse . . . is dit geen wonder dat Netflix tot 100 000 gebruikers in net een dag verloor het nie,” skryf Green verder.

Dit is egter alles 'n bogstorie. Silverscreen is nie 'n erkende stromingsdiens soos Netflix of Showmax nie, trouens dit bestaan glad nie.

Boonop laat die nuusartikel dit klink of “gratis registrasie” binnekort gaan eindig en dat belangstellendes vinnig moet spring.

Die registrasie-skakel herlei jou na 'n vals webblad genaamd Movie Boss waar jy jou e-posadres moet invul.

Dan word daar vir jou kredietkaartbesonderhede gevra.

'n Vinnige internetsoektog bevestig dat duisende mense al 'n bloutjie met Movie Boss geloop het, wat volgens die fynskrif €49,99 (sowat R820) per maand gaan verhaal vir die “diens”.

Selfs al betaal jy, is daar geen flieks of TV-reekse om te kyk nie, die diens vat bloot jou geld.

Een slagoffer skryf op die webwerf Onlinethreatalerts hy het herhaaldelik probeer om sy intekening te kanselleer, maar sonder sukses.

Die webwerf raai slagoffers aan om hul bank te kontak om te help keer dat Movie Boss nog geld steel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!