Pasiënte vir kankerregister gesoek
Pasiënte vir kankerregister gesoek
19 February 2021 | Gesondheid
Die Namibiese Kankervereniging (CAN) het ’n beroep gedoen op kankerpasiënte wat tussen 2017 en 2020 met die siekte gediagnoseer is om CAN se registrasiedepartement te kontak om te verseker die diagnose word aangeteken.
Dit sal in die Nasionale Kankerregister aangeteken word wat deur CAN bestuur word.
Die register is ’n nasionale, bevolkingsgebaseerde inligtingstelsel van alle Namibiese burgers wat sedert 1984 met kanker gediagnoseer is.
Die doel van die register is om alle kankergevalle aan te teken om gehalte data vir beplanningsdoeleindes en die voorsiening van beter behandelingsprogramme te verseker.
In 2016 is ’n vyfjaarverslag gepubliseer wat die tydperk 2010 tot 2014 gedek het. Verlede jaar is ’n tussentydse verslag gepubliseer wat die tydperk tot 2017 gedek het.
Die publikasie van ’n omvattende gehalteverslag is egter weens die Covid-19-pandemie vertraag. Volgens CAN kon die vereniging nou weer begin om data vas te vang van die reuse-agterstand in inligting van patologieverslae plaaslik en ook dié van Namibiese kankerpasiënte in Suid-Afrika.
Die strewe en doelwit is nou om ’n gehalteverslag van die voorkoms van kanker in die land tot en met Desember 2019 te publiseer.
Die vereniging het beklemtoon alle inligting word vertroulik hanteer en is slegs vir die gebruik van beplanning in die kantoor van die uitvoerende hoof en ook raadgewers tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.
Pasiënte kan hul naam, kontakbesonderhede, tipe kanker en Namibiese identiteitsnommer na [email protected] stuur.

Soortgelyk
Covid-19: In beeld 24 Februarie 2021
9 ure gelede | Gesondheid
Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses
11 ure gelede | Gesondheid
80 nuwe gevalle, twee sterftes
12 ure gelede | Gesondheid
Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog
14 ure gelede | Omgewing
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
17 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
17 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
17 ure gelede | Gesondheid
Metro spoils its customers
19 ure gelede | Plaaslik
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
1 dag gelede | Landbou
Kleinadvertensies