Pasgebore baba een van 26 nuwe bevestigde Covid-19-gevalle
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 'n pasgebore baba van Windhoek is een van 26 nuwe Covid-19-gevalle wat so pas aangekondig is. Die res van die gevalle is van Walvisbaai. Dit bring die totaal op 375 bevestigde gevalle.
Volgens Shangula is 18 van die nuwe gevalle vroue en sewe mans. Die jongste is 'n pasgebore baba en die oudste is 58 jaar oud.
Elf is kontakte van bevestigde gevalle en 16 het Covid-19-verwante simptome.
Shangula sê een uit die 15 bevestigde gevalle wat gisteraand bekendgemaak is, was reeds as 'n bevestigde geval en daar was dus net 14 nuwe gevalle teen gisteraand.
Tot op hede is 10 682 weefselmonsters getoets en is 894 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie