PAS IN: Mboma breek Afrika-rekord
Atletiek
Christine Mboma behaal ’n wegholoorwinning in haar 400-wedloop by in Chorzow, Pole, met nog ’n massiewe verbetering van haar immer groeiende lys van rekords.
Haar vorige beste (49.22) was reeds in April – voor haar 18de verjaarsdag – opgestel. Dit was die Namibiese nasionale senior rekord; die onder 20-vroue se wêreldrekord en die tweede vinnigste tyd ter wêreld vanjaar.
Oomblikke gelede het Mboma al hierdie rekords tot ’n asemrowende 48.54 verbeter. Sy het haar kompetisie verpletter en met omtrent twintig meter oorskadu.
Mboma se nuwe rekordtyd plaas haar in die sewende posisie op die lys van vinnigste vroue in die geskiedenis van die 400. Haar vorige beste was reeds in die top-20 bestes ooit (18de).
Sy het ook die Afrika-rekord verpletter wat sedert die 1996 Olimpiese Spele in Atlanta agter die naam van Nigerië se Falilat Ogunkoya-Osheku (49.10) gestaan het.
’n Ewe betekenisvolle mylpaal: Die Namibiese tienermeisie oortref die vinnigste tyd sover vanjaar in die 400, waarmee die Olimpiese en wêreldtitelhouer Shaunae Miller-Uibo van die Bahamas tot nou gespog het (49.08). Derde op die lys is haar Namibiese oefenmaat Beatrice Masilingi (49.53).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie